CIA twiet as­of Bin La­den nou aan­ge­val word

Beeld - - Front Page - – BBC, T­wit­ter, CNBC

Washing­ton. – Die A­me­ri­kaan­se spi­oe­na­sie­diens word erg ge­kri­ti­seer oor die “reg­streek­se T­wit­ter-dek­king” van die aan­val vyf jaar ge­le­de op die ter­ro­ris O­sa­ma bin La­den as­of dit van­dag ge­beur het.

Die CIA het gis­ter só in­lig­ting ge­deel oor die sen­ding wat tot die dood van die VSA se mees ge­soek­te mens ge­lei het.

Die re­ak­sie op die in­ter­net was oor­we­gend ne­ga­tief. ’n T­wit­ter-ge­brui­ker het die “reg­streek­se dek­king” gro­tesk ge­noem.

An­der het me­mes ge­plaas van men­se wat hul oë rol en met die kop in die han­de sit.

Die CIA twiet ge­woon­lik ge­skied­kun­di­ge fei­te.

“O­sa­ma bin La­den se dood was ’n be­lang­ri­ke oor­win­ning in die A­me­ri­kaans ge­lei­de veld­tog om Al-Ka­ï­da te ont­wrig, uit­me­kaar te haal en te ver­slaan. #UBLRaid,” het die CIA ge­twiet voor die be­gin van die “reg­streek­se twiets”.

Die eer­ste “reg­streek­se twiet” be­gin: “1:25 nm. EDT-@POTUS, DCIA Pa­net­ta, & JSOC-be­vel­voer­der ad­mi­raal M­cRa­ven keur die uit­voe­ring van op in Ab­bot­ta­bad goed.” Die “op” ver­wys na “o­pe­ra­sie”.

Potus is pres. Ba­rack O­ba­ma se T­wit­ter-naam.

13:15: “He­li­kop­ters ver­trek van Af­ga­ni­stan na woon­kom­pleks in Ab­bot­ta­bad, Pa­ki­stan.”

So­wat 90 mi­nu­te la­ter: “2 he­li­kop­ters daal neer op woon­kom­pleks in Ab­bot­ta­bad, Pa­ki­stan. 1 stort neer, maar aan­val gaan son­der ver­tra­ging of be­se­rings voort.”

15:39: Bin La­den “word op die der­de ver­die­ping ge­vind en dood­ge­maak”.

Die laas­te twiet, 19:01, lui: “@POTUS ont­vang be­ves­ti­ging van sterk moont­lik­heid van po­si­tie­we i­den­ti­fi­se­ring van O­sa­ma bin La­den.” Dan volg ’n vlaag van kri­tiek. The Dai­ly S­how het ge­twiet: “As jul­le die Bay of Pigs-in­val reg­streeks twiet, laat ons weet. An­der­sins stop dit.”

Daar was wel ook po­si­tie­we te­rug­voe­ring.

Ma­ry Frank (@Fran_Neena20409) het ge­twiet: “@CIA, Dan­kie aan jul pa­tri­ot­te vir wat jul­le vir die volk doen.”

Bin La­den, lei­er van die ter­reur­groep Al-Ka­ï­da, is in Mei 2011 in Ab­bot­ta­bad dood­ge­skiet na­dat hy die VSA en sy bond­ge­no­te by­na ’n de­ka­de lank ná die 9/11-aan­val­le ont­duik het.

“Bin La­den se val is een van die groot­ste in­tel­li­gen­sie­suk­ses­se tot nog toe. Ge­skie­de­nis was nog al­tyd ’n kern­e­le­ment van die CIA se so­si­a­le­me­dia-ge­bruik,” het Ry­an Tra­pa­ni, CIA-woord­voer­der, aan ABC News ge­sê.

“Op die vyf­de her­den­king is dit ge­pas om die dag te ont­hou en die­ge­ne te eer wat daar­by be­trok­ke was.”

Tra­pa­ni het by­ge­voeg die CIA het die­self­de oor an­der his­to­rie­se ge­leent­he­de ge­doen.

John B­ren­nan, CIA-di­rek­teur, het ge­sê die VSA het Al-Ka­ï­da groot­liks ver­nie­tig, maar nie heel­te­mal nie.

Die ver­wy­de­ring van Bin La­den het ’n stra­te­gie­se uit­wer­king op Al-Ka­ï­da ge­had en dit is be­lang­rik om die­self­de te doen met A­boe Ba­kr al-Bag­hda­di, lei­er van die ter­reur­groep I­sis.

Fo­to: REUTERS

O­sa­ma bin La­den

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.