Goud­prys styg, maar sal dit hou?

Beeld - - Sake - – Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – Die goud­prys het Maan­dag vir die eer­ste keer se­dert mid­del 2014 deur $1 300 per fyn­ons ge­breek. Goud is eg­ter steeds his­to­ries ge­spro­ke goed­koop na­dat dit in 2013 met 28% ver­swak het, in 2014 met 1,4% en in 2015 met 10,7%. Goud se hoogtepunt oor die af­ge­lo­pe de­ka­de van $1 895 per fyn­ons is in 2011 be­haal.

Goud het tans weer die sta­tus van toe­vlugs­oord om­dat aan­deel­pry­se wê­reld­wyd on­der druk en die dol­lar swak is. Die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad hou ren­te­koer­se on­ver­an­derd ge­ge­we swak e­ko­no­mie­se groei in die VSA, en dié “pou­se” gee goud ook ’n hup­stoot.

Goud en an­der hulp­bron­ne wat nie ren­te op­le­wer nie, is meer me­de­din­gend as ba­te­klas as ren­te­koer­se laag en die dol­lar swak is.

Som­mi­ge ont­le­ders ver­wag dat die goud­prys in Mei selfs $1 375 per fyn­ons sal haal.

Die be­leg­gings­bank Gold­man Sa­chs bly eg­ter pes­si­mis­ties oor goud en ver­wag dat dit bin­ne d­rie maan­de weer tot $1 100 per fyn­ons sal val en oor ’n jaar tot $1 000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.