Nu­we Hil­ton vir Wind­hoek

Beeld - - Sake -

Jo­han­nes­burg. – Van­ta­ge Ca­pi­tal het pas R80 mil­joen se fi­nan­sie­ring ver­skaf vir die Na­mi­bie­se ho­tel­ei­en­doms­groep U­ni­ted A­fri­ca Group (UAG), wat gaan help bou aan ’n nu­we Hil­ton­ho­tel in Wind­hoek.

Die nu­we drie­ster Hil­ton Gar­den Inn met 181 ka­mers gaan in die mid­de­stad van Wind­hoek langs UAG se be­staan­de vyf­ster Hil­ton Wind­hoek ge­bou word.

UAG is in 1992 deur Had­dis Ti­la­hun ge­stig. Sy vrou, dr. Mar­tha Na­mund­je­bo­Ti­la­hun, het haar la­ter by die on­der­ne­ming aan­ge­sluit en dit het tot een van die groot­ste ei­en­doms­groe­pe in Na­mi­bië ont­wik­kel. UAG het tien be­staan­de ho­tel­le in sy por­te­feul­je, waar­van ne­ge deur Pro­tea Ho­tels en een deur Hil­ton be­stuur word. Die groep het ook kom­mer­si­ë­le ei­en­dom in Wind­hoek – met meer as 12 000 m² se kan­toor­ruim­te en meer as 2 500 m² se klein­han­del­ruim­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.