Ke­nia kry nog ’n wind­plaas

Beeld - - Sake -

Nai­ro­bi. – Die Ke­ni­aan­se maat­skap­py Ken­wind Hol­dings gaan saam met die Bel­gie­se groen­krag­fir­ma E­lec­tra­winds ’n wind­plaas van 90 MW in die La­mu­dis­trik bou. Die Wê­reld­bank ver­skaf van die fi­nan­sie­ring. Die pro­jek het aan­vank­lik ge­suk­kel om van die grond af te kom want die lig­ging van die voor­ge­stel­de per­seel moes ver­an­der word.

Som­mi­ge men­se in die ge­meen­skap was eers ge­kant teen die koop van grond vir die pro­jek en is hof toe om die ont­wik­ke­laar te keer. Boe­re in die om­ge­wing het eg­ter ge­ëis dat die saak te­rug­ge­trek word en dat die pro­jek voort­gaan, want hul­le ver­kies eer­der om ver­goed te word vir die ge­bruik van hul grond vir die wind­plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.