Ti­na en die R3,3 m. vir Gup­tas

Land­bou ad­ver­teer dat dit bars in hul koe­rant

Beeld - - Front Page - Jan Ger­ber

Die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye het van 2011 tot 2015 mil­joe­ne ran­de aan die Gup­tas se me­di­a­on­der­ne­mings betaal.

Die groot­ste deel daar­van – so­wat R3,38 mil­joen – is be­stee toe Ti­na Joe­mat-Pet­ters­son mi­nis­ter van land­bou, bos­bou en vis­se­rye was.

Dit sluit meer as R300 000 vir die dek­king van haar be­gro­tings­toe­spraak in.

Joe­mat-Pet­ters­son is tans mi­nis­ter van e­ner­gie.

Die laas­te tyd vra die EFF mi­nis­ters of hul­le of hul se­ni­or amp­te­na­re sa­ke ge­doen het met “se­ke­re per­so­ne” – ver­wy­send na A­tul, A­jay en Ra­jesh Gup­ta en Du­du­za­ne Zu­ma, pres. Ja­cob Zu­ma se seun – en hoe­veel hul­le aan Gup­ta-be­dry­we betaal het.

Dit sluit in TNA Me­dia, wat die nuus­blad The New Age uit­gee, en Vu­si­z­we Me­dia, wat die tyd­skrif The T­hin­ker uit­gee.

A­jay Gup­ta is Vu­si­z­we Me­dia se nie-uit­voe­ren­de voor­sit­ter.

The T­hin­ker se re­dak­teur is Es­sop Pa­had, wat mi­nis­ter in die pre­si­den­sie was in T­ha­bo M­be­ki se ter­myn as pre­si­dent.

Lui­dens Sen­ze­ni Zokwa­na, hui­di­ge mi­nis­ter van land­bou, se par­le­men­tê­re ant­woord is die vol­gen­de be­drae in Joe­mat-Pet­ters­son se ter­myn betaal:

29 Ju­nie 2011: R69 365,80 aan Vu­si­z­we Me­dia vir ’n ad­ver­ten­sie van die mi­nis­ter se ant­woord op vrae in The T­hin­ker;

11 Ju­nie 2012: R309 277,44 aan TNA Me­dia vir dek­king van die mi­nis­ter se be­gro­tings­toe­spraak;

22 Ok­to­ber 2012: R3 961,50 aan TNA Me­dia vir vyf af­ge­vaar­dig­des se by­wo­ning van ’n sa­ke-in­lig­ting­ses­sie;

20 De­sem­ber 2012: R178 267,50 aan TNA Me­dia vir 250 af­ge­vaar­dig­des by The New Age en SABC2 se sa­ke­ont­byt, waar die mi­nis­ter en haar ad­junk die hoof­spre­kers was;

De­sem­ber 2012: R647 054,88 aan TNA Me­dia vir ’n

be­wus­ma­king s veld­tog vir Wê­reld­kos­dag;

14 No­vem­ber 2013: R39 888,60 aan Vu­si­z­we Me­dia vir ’n ad­ver­ten­sie in The T­hin­ker;

31 Ok­to­ber 2013: R842 886,36 aan TNA Me­dia vir dek­king van die mi­nis­ter se me­dia-in­lig­ting­ses­sie op SABC2 se Mor­ning Li­ve oor vrou­e­boer-en­tre­pre­neurs en boom­plant­week via The New Age;

In Zokwa­na se ter­myn is die vol­gen­de betaal:

11 Fe­bru­a­rie 2015: R9 950 aan T NA Me­dia vir’ n sa­kein­lig­ting ses­sie;

15 Fe­bru­a­rie 2016: R26 315,79 aan TNA Me­dia vir ’n sa­ke-in­lig­ting­ses­sie.

Zokwa­na het nie ge­ant­woord of hy, sy voor­gan­ger of e­ni­ge van die de­par­te­ment se amp­te­na­re met “se­ke­re per­so­ne” ver­ga­der het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.