Lui­perd byt, sleep seun­tjie 30 m ver

Beeld - - Front Page - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Vyf­ja­ri­ge seun wat saam met sy ou­ers op ’n pri­va­te wild­plaas in Lim­po­po ge­kui­er het, het ter­nou­er­nood aan die dood ont­kom toe ’n lui­perd hom beet­ge­kry het.

Die lui­perd­man­ne­tjie van die Nt­si­ri-wild­re­ser­vaat dig­by Hoed­spruit het Kel­lan Den­ny (5) aan die lin­ker­skou­er ge­byt en hom so­wat 30 m ver ge­sleep.

Nt­si­ri grens aan die Kru­ger­wild­tuin.

Kel­lan en sy maat­jies het op ’n lae muur­tjie ge­speel wat ge­bou is om ’n bui­te­ge­bied na­by die ron­da­wel waar sy ou­ers was.

Die woon­een­he­de is in die bos en wild loop vry rond.

Kel­lan en sy ou­ers, Jus­tin en Ka­rin Den­ny van Jo­han­nes­burg, het ver­le­de week by een­heid 40 uit­ge­span.

Die ei­e­naar van ’n woon­een­heid in Nt­si­ri wat a­no­niem wil bly, sê die voor­val het ver­le­de Dins­dag ge­beur.

“Die seuns het klaar mid­dag­e­te ge­had en saam bui­te ge­speel toe die lui­perd uit die niet kom.

“Jus­tin was so­wat 4 m van sy seun af toe die lui­perd sy ka­ke om sy lin­ker­skou­er sluit. Hy het ag­ter­na ge­hard­loop en aan­hou skreeu om die dier te pro­beer ver­wil­der.”

Ro­land Ret­zlaff, wat in een- heid 38 was, het die ge­raas gehoor en ook uit­ge­hard­loop.

“Hy het van aan­ge­sig tot aan­ge­sig met die lui­perd ge­kom,” het die man ge­sê.

In­tus­sen het ’n va­kan­sie­gan­ger in een­heid 36 ’n byl ge­gryp en na bui­te ge­hard­loop.

In die har­war het die lui­perd Kel­lan laat los en die veld in ge­hard­loop.

’n Dok­ter en ’n ver­pleeg­ster wat ook daar vakansie ge­hou het, het ge­help om Kel­lan se won­de te ver­sorg.

Hy moes ste­ke kry en is vir skok be­han­del.

“Die drie mans wat die lui­perd ag­ter­na­ge­sit het, is hel­de,” het Jou­bert S­try­dom, wat ’n een­heid daar be­sit, ge­sê.

Die lui­perd gaan nie van kant ge­maak word nie.

Kel­lan se ou­ers het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Die byt­mer­ke op Kel­lan Den­ny se rug.

‘n Lui­perd in die Nt­si­ri­ pri­va­te wilds­re­ser­vaat bui­te Hoed­spruit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.