Rei­nach uit vir he­le sei­soen

A­pril laat Dur­ban da­rem glim­lag

Beeld - - Front Page - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Die Haaie se Spring­bok-skrum­ska­kel Co­bus Rei­nach sal nie weer van­jaar op die rug­by­veld ge­sien word nie.

Hy het sy knie­li­ga­men­te in die on­lang­se wed­stryd teen die Blu­es in Auck­land so be­seer dat hy ’n o­pe­ra­sie moet on­der­gaan.

Hy sal so­wat ne­ge maan­de lank uit ak­sie wees. Dit is ’n soort­ge­ly­ke be­se­ring as dié wat Mar­cell Coet­zee se sei­soen ook tot stil­stand ge­ruk het.

Die nek­be­se­ring wat die agt­ste­man P­hil­lip van der Walt in die­self­de wed­stryd op­ge­doen het, sal hom nog twee tot drie we­ke langs die kant­lyn hou.

Die flank/slot Ja­c­ques Pot­gie­ter sal eers oor vyf we­ke reg wees om sy de­buut vir die Haaie te kan maak.

Ru­an Botha, voor­ma­li­ge slot van die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, wat in die eer­ste op­war­mings-wed­stryd van die sei­soen in Tou­lon, Frank­ryk, be­seer is, kan dalk oor twee we­ke reg wees vir ak­sie.

Te mid­de van al die sleg­te nuus oor be­se­rings, is daar da­rem die tik­kie goeie nuus dat Pa­trick Lam­bie en die agt­ste­man, Te­ra M­tem­bu, slag­ge­reed is om weer te be­gin speel.

) Garth A­pril, die jong man wat Lam­bie se skoe­ne vol staan, speel nou maar eers twee jaar lank los­ska­kel, maar is mal daar­oor, “want ek het heel­tyd die bal in my han­de.”

Dié 24-ja­ri­ge los­ska­kel van die Haaie sê hy kry groot on­der­steu­ning van Lam­bie.

“Pat help my baie. Hy het al­tyd ’n on­der­steu­nen­de woord­jie of twee en ek het die wê­reld se re­spek vir hom,” sê hy.

A­pril het in die laas­te twee wed­stry­de waar hy sy kans as los­ska­kel ge­kry het, groot in­druk in Nieu-See­land ge­maak teen on­der­skei­de­lik die High­lan­ders en die C­hiefs.

Hy het sy aan­val­len­de ver­mo­ëns ge­wys met die skit­ter­drie wat hy teen die C­hiefs ge­druk het.

Teen die High­lan­ders was dit sy vyf straf­doe­le wat ’n se­ge aan die Haaie be­sorg het.

“Ek het ge­weet as ek ge­dul­dig is, sal my kans kom. Die laas­te paar jaar was gees­te­lik maar moei­lik vir my, want ek het ’n aan­tal lang­ter­myn­be­se-rings ge­had en din­ge was maar moei­lik.”

A­pril is in Wel­ling­ton in die Bo­land ge­bo­re en het op 12-ja­ri­ge ou­der­dom be­gin rug­by speel. Hy het sy skool­loop­baan aan die Ho­ër­skool Flo­ri­da aan die Wes-Rand vol­tooi en het daar­na op ou­der­doms­vlak vir die Leeus ge­speel voor­dat hy weer terug is na die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie.

Hy het tot twee jaar ge­le­de heel­ag­ter ge­speel, voor­dat hy na­der aan die ak­sie ge­skuif het.

“Daar is ’n groot ga­ping tus­sen Vo­da­com-rug­by en Su­per­rug­by. Ek ge­niet dit om te kan aan­val,” ver­tel hy.

“Ou­ens soos Wil­lie le Roux en Mi­cha­el Claas­sens om my, maak din­ge vir my mak­lik.”

Ek het ge­weet as ek ge­dul­dig is, sal my kans kom. — GARTH A­PRIL

Foto: GALLO IMAGES

Garth A­pril hou daar­van om los­ska­kel te speel om­dat hy die bal ge­reeld in dié po­si­sie in die han­de kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.