He­witt se strooi­halms be­ïn­druk hof min

Beeld - - Front Page - El­sje Wal­deck

Bloem­fon­tein. – ’n Le­wens­lan­ge von­nis moet be­perk word tot mis­da­de van ’n erns­ti­ger aard.

Die mis­da­de wat Bob He­witt ge­pleeg het, is nie on­der daar­die erns­ti­ge da­de nie, het adv. Jo­hann En­gel­brecht SC gis­ter in die ap­pèl­hof aan­ge­voer.

He­witt, ’n voor­ma­li­ge ten­nis­ster wat twee jong mei­sies ver­krag en ’n der­de on­se­de­lik aan­ge­rand het, te­ken voor reg­ters Man­di­sa Ma­ya, Zu­ki­sa Ts­hi­qi en Wil­lie Se­ri­ti ap­pèl aan teen sy von­nis van ses jaar tronk­straf weens die mis­da­de.

En­gel­brecht se hoof­ar­gu­ment is dat die hoog­ge­regs­hof nie He­witt se ou­der­dom in ag ge­neem het toe hy ge­von­nis is nie.

Ts­hi­qi het daar­op ge­sê: “Die hof het sy ou­der­dom be­slis in ag ge­neem. As dit nie die ge­val was nie, sou He­witt ’n le­wens­lan­ge von­nis moes uit­dien, pleks van die ses jaar wat aan hom op­ge­lê is.”

En­gel­brecht het ge­sê: “Dit was ook ’n een­ma­li­ge voor­val.

“Hy het Su­el­len S­hee­han een keer ver­krag en T­he­re­sa Tol­ken een keer half­pad ver­krag en nooit weer daar­na nie.

“Daar­om kan hy nie ’n le­wens­lan­ge von­nis kry nie, want die ver­krag­ting van dié slag­of­fers is nie so erns­tig soos an­der nie.”

Ma­ya wou dit nie aan­vaar nie. “Al het hy Tol­ken net half­pad ge­pe­ne­treer, moes sy steeds met daar­die e­mo­si­o­ne­le let­sels saam­leef,” het sy ge­sê.

“En S­hee­han? Wil jy my sê die ver­krag­ting van ’n jong kind is nie een van die erg­ste mis­da­de nie?”

Adv. Ca­ri­na Coet­zee, vir die staat, het dit ook in haar ar­gu­men­te ge­op­per. “Waar trek ons die streep? Ons kan ie­mand se ver­krag­ting nie min­der erns­tig ag as ’n an­der (se) ver­krag­ting nie,” het sy ge­sê.

“En in dié ge­val gaan dit oor kin­ders wat hom ver­trou het.

“Al­le ver­krag­tings, ver­al kin­der­ver­krag­tings, moet as erns­ti­ge mis­da­de be­skou word.”

Coet­zee het ge­sê as die hof be­slis dat He­witt se ap­pèl suk­ses­vol is, sal dit die ver­keer­de bood­skap oor­dra.

In sy slot­be­toë het En­gel­brecht die hof weer ge­vra om He­witt se ou­der­dom in ag te neem. “Waar­om moet ’n 75-ja­ri­ge man vir iets betaal wat so lank ge­le­de ge­beur het?”

Uit­spraak is voor­be­hou.

Foto: MARY­ANN PALMER

Bob He­witt ten ty­de van sy ver­hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.