Gee ’n hof­da­tum vir Zu­ma, eis DA

Beeld - - Nuus - Pau­li van Wyk

Jo­han­nes­burg. – Adv. S­haun Abrahams moet pres. Ja­cob Zu­ma ’n da­tum gee wan­neer hy in die hof moet ver­skyn op 783 aan­klag­te van ram­pok­ke­ry, kor­rup­sie en be­drog, sê die DA.

Dit is die “i­de­a­le ge­leent­heid” vir Abrahams, hoof van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG), om te be­wys hy is on­af­hank­lik, sê Ja­mes Sel­fe, fe­de­ra­le voor­sit­ter van die DA.

Drie reg­ters het ver­le­de week in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria be­slis die be­sluit in 2009 van Mo­ko­te­di Mps­he, des­tyd­se NVG-hoof, om Zu­ma se ver­vol­ging te laat vaar, was ir­ra­si­o­neel.

Die hof het ge­sê Zu­ma moet aan­ge­kla word op grond van die des­tyd­se klag­staat.

Abrahams het se­dert sy aan­stel­ling in Ju­nie ver­le­de jaar on­der kri­tiek deur­ge­loop oor sy be­slui­te, wat as par­ty­dig be­skou is ten guns­te van adv. Nom­g­co­bo Ji­ba, ’n ad­junk­hoof van die NVG wat glo ’n Zu­ma-mee­lo­per is. Vol­gens die DA se reg­span is die ge­volg van die hof­uit­spraak dat al 783 klag­te teen Zu­ma ou­to­ma­ties her­in­ge­stel is.

“Abrahams is ver­plig om voort te gaan met die ver­vol­ging,” sê Sel­fe.

Die klag­te teen Zu­ma hou ver­band met ver­skeie be­ta­lings van S­cha­bir S­haik, sy voor­ma­li­ge fi­nan­si­ë­le ad­vi­seur.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het ge­sê die be­ta­lings aan Zu­ma was in ruil vir die uit­oe­fe­ning van sy mag, as­ook die be­sker­ming van die Fran­se wa­pen­maat­skap­py T­hint, wat be­trok­ke was by die wa­pen­skan­daal.

Zu­ma het ver­le­de maand die om­stre­de be­vin­dings van die Se­ri­ti­kom­mis­sie, wat hy aan­ge­stel het om die wa­pen­tran­sak­sie te be­kyk, be­kend ge­maak.

Vol­gens die kom­mis­sie het nie­mand on­be­hoor­lik by die wa­pen­tran­sak­sie baat ge­vind nie.

Dié be­vin­dings is ge­kri­ti­seer en in twy­fel ge­trek, ver­al om­dat baie van die sleu­tel­ge­tui­es kop uit­ge­trek het om­dat oud­reg­ter Wil­lie Se­ri­ti nie as on­af­hank­lik be­skou is nie.

Lu­vu­yo M­fa­ku, NVG-woord­voer­der, het se­dert die uit­spraak in die Zu­ma-saak ge­le­wer is, vol­ge­hou die NVG be­stu­deer die uit­spraak.

“E­ni­ge be­sluit sal aan die pu­bliek oor­ge­dra word.”

Zu­ma sal na ver­wag­ting teen die uit­spraak ap­pel­leer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.