Vrae oor af­trek­kings van Sas­sa­geld

Beeld - - Nuus - – Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Be­guns­tig­des van toe­la­es wat min­der ont­vang as waar­op hul­le ge­reg­tig is, moet hul naas­te Sas­sa-kan­toor kon­tak.

Sas­sa (die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir be­staans­be­vei­li­ging) sal dan ’n dis­puutre­so-lu­sie­me­ga­nis­me in wer­king stel, het K­go­mo­co Di­se­ko, woord­voer­der van Sas­sa, gis­ter ge­sê na aan­lei­ding van twee be­guns­tig­des se twee jaar lan­ge pro­ble­me met hul toe­la­es.

Men­se met pro­ble­me kan ook 0800 60 10 11 ska­kel.

Vol­gens Di­se­ko ont­vang men­se min­der geld as wat hul­le ver­wag weens fi­nan­si­ë­le diens­te wat teen hul re­ke­nin­ge ge­de­bi­teer is.

Ro­bert M­cK­nig­ht (59) en Va­le­rie du P­reez (62), sy le­wens­maat, van Chris­ti­a­na in Noord­wes, is moeg ge­suk­kel. Van R20 tot R400 word soms van hul toe­la­es af­ge­trek.

“Baie men­se wat ons ken, het die­self­de pro­bleem. Dit is hartseer, want ons kry reeds swaar met die pen­si­oen, maar nou is dit nog min­der,” sê M­cK­nig­ht.

Hy kry ’n on­ge­skikt­heids­pen­si­oen van­dat hy 25 was na­dat sy rug weens sweis­werk be­seer is. Du P­reez kry ’n ou­der­doms­pen­si­oen.

Vol­gens M­cK­nig­ht kan hul­le nie ’n ver­dui­de­li­king kry van hoe­kom hul geld al­tyd min­der is as wat dit moet wees nie.

“Hul­le kan nie vir ons sê ons het de­biet­or­ders nie; nie­mand mag geld van ’n Sas­sa-kaart af­trek nie, want dit is nie ’n bank­re­ke­ning nie. Ons wil net weet waar­heen al ons geld gaan.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.