Nóg be­wy­se teen Ri­ah

Kri­tiek teen reg­ter tel ook teen haar

Beeld - - Nuus - Le­an­ne Ge­or­ge

Haar ge­drag ná af­loop van die Ma­ri­ka­na-kom­mis­sie en kri­tiek teen ’n reg­ter kan nou ook teen genl. Ri­ah P­hiy­e­ga, ge­skors­te po­li­sie­hoof, tel in ’n on­der­soek na haar be­voegd­heid.

Die Claas­sen-kom­mis­sie van on­der­soek na P­hiy­e­ga se ge­skikt­heid vir haar pos het gis­ter in Cen­tu­ri­on be­gin met ’n twis tus­sen die ge­tui­e­nis­lei­ers, on­der lei­ding van adv. Is­mail Ja­mie SC, en P­hiy­e­ga se reg­span, on­der lei­ding van adv. William Mok­ha­ri SC, oor die ge­tal ge­tui­es en uit­brei­ding van die kom­mis­sie se man­daat.

Ja­mie het ge­ar­gu­men­teer P­hiy­e­ga het oud­reg­ter Ian Far­lam, wat ’n hoë amp be­klee, van kwaad­wil­lig­heid be­skul­dig en dit tel on­der meer as ’n be­wys dat sy nie ge­skik is vir haar pos nie.

Sy het blyk­baar haar reg­span ook op­drag ge­gee om nie hul vol­le sa­me­wer­king aan die Far­lam-kom­mis­sie se ge­tui­e­nis­lei­ers te gee nie, het Ja­mie ge­sê.

Mok­ha­ri het ge­ar­gu­men­teer pres. Ja­cob Zu­ma het die Claas- sen-kom­mis­sie net op­drag ge­gee om P­hiy­e­ga se ge­drag ten ty­de van die Far­lam-kom­mis­sie van on­der­soek na die Ma­ri­ka­na-slag­ting in o­ën­skou te neem.

Oud­reg­ter Neels Claas­sen, die kom­mis­sie se voor­sit­ter, het gehoor ge­gee aan Ja­mie se ver­soek en het ook in­ge­stem dat ge­tui­es wat nie voor die Far­lam-kom­mis­sie ge­tuig het nie, ge­roep mag word.

“P­hiy­e­ga het im­mers in haar re­ak­sie haar ge­drag ten ty­de van Far­lam ver­dui­de­lik.”

Claas­sen het ook ge­sê: “Hier­die kom­mis­sie is van die­self­de aard as ’n tug­ver­hoor.”

Die gel­dig­heid van el­ke nuwe ge­tuie se by­drae sal voor die Claas­sen-kom­mis­sie ge­toets word.

Dit moet steeds reg­streeks met die ge­beu­re ten ty­de van die Far­lam-kom­mis­sie ver­band hou.

Far­lam het P­hiy­e­ga daar­van be­skul­dig dat sy die kom­mis­sie van on­der­soek na die Ma­ri­ka­na-tra­ge­die, toe die po­li­sie 34 sta­ken­de myn­wer­kers op 16 Au­gus­tus 2012 dood­ge­skiet het, “mis­lei” het.

Lui­dens Far­lam se ver­slag het die po­li­sie se lei­ers­korps blyk­baar “op die hoog­ste vlak be­sluit om nie te ont­hul hoe dit ge­beur het dat die tak­tie­se op­sie die mid­dag van 16 Au­gus­tus in wer­king ge­stel is nie en om die feit te ver­bloem dat die plan oor­haas­tig, son­der o­pen­ba­re po­li­si­ë­ring se insette of e­va­lu­a­sie aan­me­kaar­ge­sit is”.

’n O­nak­ku­ra­te no­tu­le van ’n be­lang­ri­ke ver­ga­de­ring is glo saam­ge­stel en “’n aan­tal ge­tui­es van die po­li­sie het voor die kom­mis­sie ge­tuig ter on­der­steu­ning van die ver­keer­de weer­ga­we”.

Daar­om is daar “ten min­ste ’n pri­ma fa­cie-saak” teen P­hiy­e­ga en die pro­vin­si­a­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris van Noord­wes. Hul­le was glo be­wus van die waar­heid en het “die po­li­sie se voor­leg­ging met die ver­keer­de fei­te” goed­ge­keur.

’n Groep be­to­gers teen P­hiy­e­ga het by die Claas­sen-kom­mis­sie op­ge­daag en ge­du­ren­de mid­dag­e­te ge­sing: “Bloed op haar han­de! Sy het bloed op haar han­de!”

Die ver­rig­tin­ge is tot van­og­gend uit­ge­stel so­dat die ge­tui­e­nis­lei­ers ’n tolk vir hul eer­ste ge­tuie kan re­ël.

Foto: THEANA BREUGEM

Genl. Ri­ah P­hiy­e­ga en haar reg­span, adv. William Mok­ha­ri SC (links) en adv. Sel­lo Mahla­pe, gis­ter in Cen­tu­ri­on.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.