Hof moet be­sluit oor om­stre­de tronk­ten­der

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Kaap­stad. – ’n Om­stre­de ten­der van so­wat R378 mil­joen wat die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te glo aan ’n ANC-wel­doe­ner toe­ge­ken het, gaan deur ’n hof her­sien word.

Adv. Mi­cha­el Ma­su­tha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, het gis­ter voor sy be­gro­tings­toe­spraak in die par­le­ment aan joer­na­lis­te ge­sê die ten­der, vir ’n ge­van­ge­ne-be­stuur­stel­sel, is reeds deur die de­par­te­ment af­ge­te­ken.

Die nuwe kan­toor van die ver­kry- gings­hoof in die na­si­o­na­le te­sou­rie het Zach Mo­di­se, na­si­o­na­le kom­mis­sa­ris van kor­rek­tie­we diens­te, vroe­ër op­drag ge­gee om die pro­ses­se vir die toe­ken­ning van die ten­der aan In­te­gri­ti­on In­te­gra­ted So­lu­ti­ons te her­sien.

In­te­gri­ti­on is deel van die Sas­ste­cgroep, wat groot voor­deel trek uit re­ge­rings­ten­ders.

Beeld het vroe­ër be­rig Sas­stec se fi­li­aal SA Fen­ce and Ga­te het al ten­ders van mil­jar­de ran­de van on­der meer Eskom, die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te en die Pas­sa- sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) ge­kry.

SA Fen­ce and Ga­te is glo ’n ANC­sken­ker en be­hoort ook aan die ANC se Pro­gres­sie­we Sa­ke­fo­rum (PBF).

Ma­su­tha het gis­ter ge­sê die de­par­te­ment het be­hoor­li­ke ten­der­pro­ses­se ge­volg.

“Kom­mer is vroe­ër deur die te­sou­rie ge­op­per. Ons ad­vies daar­die tyd was dat dit voor­ty­dig was vir S­co­pa (die staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge in die par­le­ment) om aan te be­veel dat die ten­der­pro­ses­se her­sien word.”

Vol­gens Ma­su­tha het Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, on­langs ook sy kom­mer oor die ten­der by hom ge­lug.

Hy het glo aan Gord­han ge­sê hy kan nie op­tree voor­dat die ten­der ge­ou­dit is nie.

Ma­su­tha sê die maat­skap­py wat die ten­der ge­kry het, het in­tus­sen ook met reg­stap­pe be­gin weens die wy­se waar­op die aan­ge­leent­heid ge­han­teer word. “Dit is daar­om nou sub ju­di­ce.” Ma­su­tha sê net die hof kan be­sluit of die ten­der on­re­ël­ma­tig toe­ge­ken is of nie. “Ons be­na­de­ring is dat ons re­de­lik was in die ver­kry­gings­pro­ses.”

Die te­sou­rie moet sy kom­mer oor die ten­der in die hof op­per, sê hy. “Ons kan nie die ten­der­pro­ses stop nie.”

Ma­su­tha sê as die hof be­vind daar is gron­de vir op­tre­de, sal die de­par­te­ment dit doen.

Vol­gens hom het die de­par­te­ment al te­vo­re ten­ders wat on­re­ël­ma­tig toe­ge­ken is deur die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid (SOE) laat on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.