Mai­ma­ne ‘toe­ge­sluit’ op sy be­soek aan KZN

Beeld - - Nuus -

Die ver­kie­sings­veld­tog van M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, in Went­worth, Dur­ban, het gis­ter taam­lik skeef­ge­loop toe hy “on­ge­veer 15 mi­nu­te lank” in ’n toe­vlugs­oord toe­ge­sluit is.

Mai­ma­ne het The Ark, ’n be­hui­sings­pro­jek, be­soek om on­der­soek in te stel na in­wo­ners se le­wens­om­stan­dig­he­de.

Dit blyk dat be­to­gers, wat glo Son­dag van die DA na die ANC oor­ge­loop het, die toe­gangs­hek ge­sluit het.

Au­brey Sny­man, ’n DA-raads­lid, het ’n sleu­tel in die han­de ge­kry en die hek oop­ge­sluit so­dat Mai­ma­ne, DA-on­der­steu­ners en die me­dia die per­seel kon ver­laat.

In ’n sta­di­um het DA-le­de van die een kant van die hek en ANC­le­de van die an­der kant op me­kaar ge­skreeu.

Mai­ma­ne was ook in die om­ge­wing om met ver­skeie ge­meen­skap­pe oor on­der meer diens­le­we­ring te praat.

Foto: AMANDA KHOZA, NEWS24

M­mu­si Mai­ma­ne gis­ter in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.