Po­li­sie­lid gryp har­te met kom­ber­se

Beeld - - Nuus - El­ma­ri­ne An­tho­ny

’n Po­li­sie­lid het tal­le men­se se har­te ge­steel na­dat foto’s op Fa­ce­book ge­plaas is van hom wat kom­ber­se oor ha­we­lo­ses in die stra­te van Ce­res gooi.

Ao. An­dries Doug­las (45), wat al 25 jaar lank ’n po­li­sie­lid is, en sy vrou, Gé­nie, het be­sluit om kom­ber­se uit hul eie sak te koop en ook by vrien­de te vra na­dat hy ’n paar dae te­vo­re op pad werk toe ha­we­lo­ses in die koue sien lê het. “Ek wou hul­le maar net toe­gooi. Dit is so ver­skrik­lik koud . . . hul­le kon ver­kluim,” het hy gis­ter ge­sê.

“’n Paar van hul­le het wak­ker ge­word en ons was ge­skok toe ons twee men­se on­der s­legs een kom­bers sien slaap.

“Ek hoop die mees­te van hul­le sal voor dag­breek wak­ker word en won­der wat ge­beur het,” lui sy Fa­ce­book-in­skry­wing.

Die foto’s wat net voor sy skof om­streeks 04:00 op Wer­kers­dag ge­neem is, het teen druk­tyd meer as 2 700 li­kes op Fa­ce­book ge­kry.

Doug­las is in Fe­bru­a­rie oor­see waar hy ont­byt met pres. Ba­rack O­ba­ma van die VSA ge­had het na­dat die Ca­li­for­nia Le­a­ders­hip Foun­da­ti­on hom vir sy lief­da­dig­heids­werk be­noem het.

Doug­las is be­sig met ’n pro­jek vir ha­we­lo­ses in sy ge­meen­skap.

“Ek pro­beer hul­le help waar ek kan en is be­sig om ’n da­ta­bank op te stel. Ek leer hul na­me en luis­ter na hul sto­ries.

“Hul­le moet weet dat hul­le nie hoef te hard­loop wan­neer die po­li­sie na­der be­weeg nie. Ons wil net help,” het hy ge­sê.

Foto: GÉ­NIE DOUG­LAS

Ao. An­dries Doug­las gooi ’n kom­bers oor ha­we­lo­se men­se in Ce­res. Sy goeie daad het baie po­si­tie­we re­ak­sie op Fa­ce­book ont­lok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.