Drie vas toe mo­tor se a­larm aan­hou skreeu

Beeld - - Nuus - Nico Gous

’n Skreeu­en­de mo­to­r­a­larm het tot die in­heg­te­nis­ne­ming van drie ver­meen­de ro­wers in P­re­to­ria-Wes ge­lei.

Die po­li­sie ver­moed die drie ver­dag­tes het Maan­dag­og­gend ’n on­der­ne­ming in Her­cu­les be­roof en die ei­e­naar se voer­tuig ge­steel.

Twee van die ro­wers word glo ook met an­der mis­da­de ver­bind. Een van die ver­dag­tes wat vas­ge­trek is, word deur die po­li­sie ge­soek in ver­band met die be­sit van plof­stof en ’n twee­de in ver­band met ’n an­der sa­ke­roof­tog.

“Die in­heg­te­nis­ne­mings is gro­ter as wat ons ge­dink het,” het Fran­cois O­ber­hol­zer, tak­voor­sit­ter van A­friForum in P­re­to­ria-Wes, ge­sê.

Vol­gens O­ber­hol­zer het hul­le Maan­dag ’n bos­pa­trol­lie ge­doen waar hul­le be­dags gryp­die­we se moont­li­ke weg­kruip­plek­ke pro­beer uit­snuf­fel.

O­ber­hol­zer sê hul­le was Maan­dag om­streeks 09:00 na­by die Trans­o­ran­je-skool vir Do­wes in Vom Ha­gen­straat be­sig toe ’n mo­tor met ’n skreeu­en­de a­larm ver­by hul­le ry.

“Iets het net vir my ge­sê om op dié mo­tor te fo­kus.”

Die mo­tor het by ’n ver­keers­lig stil­ge­hou en die en­jin het ge­staak. Die drie ver­dag­tes kon nie weer die mo­tor aan die gang kry nie en het uit­ge­klim ter­wyl die a­larm aan­hou skreeu het.

O­ber­hol­zer het sy ra­dio uit­ge­haal en die po­li­sie ge­kon­tak.

Toe die ro­wers sien O­ber­hol­zer praat oor die ra­dio, het hul­le be­gin hard­loop. Die pa­trol­lie het die ver­dag­tes ag­ter­na­ge­sit.

Vol­gens O­ber­hol­zer was die po­li­sie gou op die to­neel en hul­le het die drie ver­dag­tes in heg­te­nis ge­neem.

Si­ga­ret­te, kon­tant, aan­ste­kers, twee sel­fo­ne en ’n ta­blet is in die mo­tor ge­vind.

Die to­neel in P­re­to­ria­Wes waar die drie ver­dag­tes eer­gis­ter­og­gend vas­ge­trek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.