Bak­kie tref en sleep hom, maar fiets­ry­dro­me bly

Beeld - - Nuus - Nico Gous

Hen­nie My­burgh-Van der Sandt wil steeds ’n be­roeps­fiets­ry­er word, on­danks die erns­ti­ge be­se­rings wat hy op­ge­doen het toe ’n bak­kie hom ge­tref en ’n ent ge­sleep het.

“Daar is nie ’n ma­nier dat hy gaan op­hou fiets­ry nie,” sê sy ma, An­ne­li­ze My­burgh.

Hen­nie (18) het gis­ter­og­gend brein­skan­de­rings on­der­gaan om vas te stel of die swel­ling van sy brein ge­sak het voor­dat hy uit die Mon­ta­na-hos­pi­taal in P­re­to­ria ont­slaan is.

“Dis nog nie heel­te­mal nor­maal nie, maar die dok­ter is te­vre­de,” sê My­burgh.

Hen­nie wou braai­vleis hê toe hy by sy ou­er­huis in Ca­pi­tal Park, P­re­to­ria, aan­kom.

“Hy het ge­sê ‘as­se­blief, Mam­ma, net nie hoen­der nie’. Hy sê hy het in die hos­pi­taal baie hoen­der ge­ëet, so hy is nie lus vir hoen­der of maal­vleis nie.”

Hen­nie, ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Won­der­boom, is ver­le­de week in ’n kuns­ma­ti­ge ko­ma ge­hou.

Hy het ver­le­de Dins­dag om- streeks 16:00 in Mey­erstraat, Won­der­boom-Suid, fiets­ge­ry toe ’n Ta­ta-bak­kie in 18de Laan voor hom in­draai.

Die bak­kie het hom ge­tref en so­wat ’n me­ter ver in die draai ge­sleep.

Hen­nie ont­hou niks van die on­ge­luk nie.

Sy reg­ter­arm was tot op die been oop­ge­kloof. Vel is van sy reg­ter­been op die arm oor­ge­plant.

Twee wer­wels laag in sy rug is ge­breek, maar dok­ters ver­wag dat dit van­self sal her­stel.

Hen­nie kan nou so­wat 5 m op ’n slag son­der on­der­steu­ning of kruk­ke loop.

Van sy hand­spie­re het ge­skeur en is aan die been ge­heg. ’n Fi­si­o­te­ra­peut gaan hom help om dié spie­re te ver­sterk.

Daar is ook ’n stuk­kie me­taal na­by sy le­wer. Sy ma meen dit kom van die bak­kie af.

’n Klag van roe­ke­lo­se en na­la­ti­ge word teen die be­stuur­der on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.