Twee po­li­sie­le­de werk nog, al roof hul­le met ge­weld

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rie Ver­sluis

Dit is skok­kend dat twee po­li­sie­le­de wat ’n man van R25 000 be­steel en hom aan­ge­rand het, steeds in die po­li­sie se diens is.

So het Ro­bert van Wyk, ’n P­re­to­ri­a­se pro­ku­reur, gis­ter ge­sê in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria waar die slag­of­fer van dié dief­stal en aan­ran­ding se ska­de­ver­goe­dings­eis aan­ge­hoor is.

Ro­bert Mukhwa­thi (39) van Lou­is T­ri­chardt eis R350 000 van die mi­nis­ter van po­li­sie.

Hy is op 25 Ju­nie 2011 deur twee kon­sta­bels van die Mak­ha­do-po­li­sie­kan­toor in T­ho­hoy­an­dou ge­slaan.

Hul­le het hom ge­ar­res­teer op aan­klag van die rig van ’n vuur- wa­pen en roe­ke­lo­se en na­la­ti­ge be­stuur. Die aan­klag is la­ter te­rug­ge­trek.

Die kon­sta­bels het hom met hul vuis­te by­ge­dam en hom op ’n teer­pad neer­ge­gooi om hom te boei.

Hul­le het hom met hul vuur­wa­pens op die kop en lyf ge­slaan. Hy het ’n diep sny­wond aan die ag­ter­kop op­ge­doen.

Lui­dens Mukhwa­thi se hof­stuk­ke is al­bei kon­sta­bels op 25 Fe­bru­a­rie 2014 in ’n straf­hof skul­dig be­vind aan aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer, as­ook dief­stal. Hul­le is elk ge­von­nis tot drie jaar tronk­straf of ’n R10 000-boe­te.

Vol­gens Van Wyk het die kon­sta­bels in­tus­sen die R25 000 wat ge­steel is aan Mukhwa­thi te­rug­be­taal.

Hy sê vol­gens die staats­pro­ku­reur is die twee po­li­sie­le­de steeds in die po­li­sie se diens. “Ek wil ’n brief aan die mi­nis­ter (van po­li­sie) skryf om te vra waar­om hul­le nie ’n in­ter­ne tug- ver­hoor ge­kry het nie.”

Mukhwa­thi sê in sy hof­stuk­ke die po­li­sie het geen re­de­li­ke ver­moe­de ge­had dat hy die mis­da­de ge­pleeg het nie.

Die R25 000 is uit Mukhwa­thi se mo­tor ver­wy­der ter­wyl hy aan­ge­hou is.

Mukhwa­thi eis weens die aan­ran­ding en die on­reg­ma­ti­ge ar­res­ta­sie en aan­hou­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.