Voor­man sterf ná graaf­houe neer­re­ën; wer­ker vas

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n Plaas­be­stuur­der in Lim­po­po is dood na­dat ’n plaas­wer­ker hom Sa­ter­dag­aand met ’n graaf aan­ge­rand het.

F­ritz van der Westhuizen (66) van die plaas Klein En­ge­land in die Cum­ber­land-dis­trik bui­te T­ha­ba­zim­bi het erns­ti­ge kop­be­se­rings en won­de aan sy lyf op­ge­doen en is Maan­dag­og­gend in ’n hos­pi­taal in Po­lo­kwa­ne dood.

Hy is Sa­ter­dag­aand om­streeks 18:30 na ’n plaas­wer­ker se huis toe waar hy ’n vrou hoor skree het, sê lt.kol. Ma­le­se­la Ledwa­ba, po­li­sie­woord­voer­der in Lim­po­po.

Die wer­ker en die vrou het glo ru­sie ge­maak toe Van der Westhuizen daar aan­kom. Van der Westhuizen is toe aan­ge­val.

Die wer­ker het weg­ge­hard­loop, maar die po­li­sie het hom la­ter in heg­te­nis ge­neem.

Van der Westhuizen is la­ter die aand deur die C­ri­ti­cal Li­fe As­sist-nood­diens se tak in T­ha­ba­zim­bi in­der­haas na ’n plaas­li­ke hos­pi­taal ge­neem.

Hy is van daar per am­bu­lans na Po­lo­kwa­ne oor­ge­plaas.

’n Nood­diens­wer­ker wat saam met hom in die am­bu­lans was, het die he­le tyd vir Van der Westhuizen ge­sê: “Jam­mer, Oom, jam­mer, Oom.”

In­wo­ners van T­ha­ba­zim­bi is ge­skok oor die moord. “Nog ’n sin­ne­lo­se plaas­moord,” het een op die dorp se Fa­ce­book-blad ge­skryf.

Die ver­dag­te sal eers­daags op aan­klag van moord in die land­dros­hof in T­ha­ba­zim­bi ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.