2 keer le­wens­lank vir ver­krag­ter van mei­sie en vrou

Beeld - - Nuus - – Su­san Cil­liers

’n Man van die Vry­burg-om­ge­wing wat ’n 16-ja­ri­ge mei­sie en ’n 28-ja­ri­ge vrou ver­krag het, is twee keer le­wens­lan­ge tronk­straf op­ge­lê.

Gil­bert Keeti­le (47) is die af­ge­lo­pe week in die Vry­burg-streek­hof ook tot tien jaar tronk­straf ge­von­nis weens po­ging tot moord en agt jaar op twee aan­klag­te van ont­voe­ring.

Al die von­nis­se word ge­lyk­lo­pend uit­ge­dien.

Keeti­le het die 16-ja­ri­ge in De­sem­ber 2012 in die Vry­burg-om­ge­wing ont­voer on­der die voor­wend­sel dat hy haar sou huis toe neem.

Hy het haar toe ver­krag, het sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, ge­sê.

Hy het die 28-ja­ri­ge vrou in Maart 2013 ver­krag en ge­wurg, ook in die Vry­burg-om­ge­wing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.