Toe­ris­me her­stel ná af­na­me, sê mi­nis­ter

Beeld - - Nuus - Ja­net He­ard

Kaap­stad. – Toe­ris­me is aan die her­stel van die s­wak ver­to­ning ver­le­de jaar, sê De­rek Ha­ne­kom, mi­nis­ter van toe­ris­me.

Meer as 1 mil­joen bui­te­land­se toe­ris­te het in Ja­nu­a­rie in die land aan­ge­kom, 15% meer as ’n jaar te­vo­re, het hy gis­ter in die par­le­ment ge­sê. In Fe­bru­a­rie was daar 18% meer as in Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar.

Dit wys die be­dryf is veer­krag­tig en “her­stel gou” ná die 6,8%-af­na­me in in­ter­na­si­o­na­le toe­ris­me in 2015 ver­ge­le­ke met 2014.

Ha­ne­kom het in sy be­gro­tings­toe­spraak ra­mings van die Wê­reld­toe­ris­me-en-reis­raad aan­ge­haal dat toe­ris­me van­jaar ’n uit­voer­ver­dien­ste van R120 mil­jard gaan haal en R380 mil­jard tot die e­ko­no­mie gaan by­dra.

Hy het be­ves­tig die nuwe vi­sum­re­gu­la­sies het die ne­ga­tie­we im­pak van wê­reld­wye e­ko­no­mie­se druk op die be­dryf in 2015 ver­er­ger.

Vol­gens hom is vor­de­ring ge­maak met die toe­pas­sing van die ka­bi­net se be­slui­te oor ver­an­de­rin­ge aan re­gu­la­sies.

Van­weë die be­sluit om reis­a­gent­skap­pe toe te laat om na­mens rei­si­gers om vi­sums aan­soek te doen, kry toe­ris­me uit C­hi­na weer sterk mo­men­tum. By­na dub­bel so­veel C­hi­ne­se het Suid-A­fri­ka in Ja­nu­a­rie be­soek as ’n jaar te­vo­re.

Ver­tra­gings in die pro­ses om vi­sums te be­kom knie­hal­ter toe­ris­me uit In­dië nog, maar sy de­par­te­ment en die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke werk saam aan ’n op­los­sing, sê Ha­ne­kom.

Ja­mes Vos, DA-LP, sê dis te min, te laat. Voor­dat die vi­sum­re­gu­la­sies in­ge­stel is, moes die im­pak wat dit sou hê eers be­paal ge­wees het. Dan “sou ons dié ramp­spoe­di­ge ge­vol­ge ver­my het”.

Die re­ge­ring het in Ok­to­ber te mid­de van ’n af­na­me in toe­ris­me en toe­ne­men­de druk te­rug­ge­krab­bel oor par­ty van sy om­stre­de vi­sum­re­gu­la­sies.

De­rek Ha­ne­kom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.