‘Ek is nie lui soos ANC,’ sê Ca­cha­lia

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

G­ha­leb Ca­cha­lia, die DA se bur­ge­mees­ter­skan­di­daat vir E­kur­hu­le­ni, sê hy is nie “sta­dig en lui soos die ANC” nie.

Hy be­plan om die me­tro se pro­ble­me vin­nig op te los.

By die be­kend­stel­ling van sy veld­tog vir die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing gis­ter het Ca­cha­lia, seun van die an­ti-a­part­heids­ak­ti­vis­te A­mi­na en Yu­suf Ca­cha­lia en ’n voor­ma­li­ge ANC-on­der­steu­ner, die ANC-re­ge­ring in E­kur­hu­le­ni he­wig ge­kri­ti­seer oor die ge­brek aan ba­sie­se diens­te in de­le van die me­tro.

“Ek het die af­ge­lo­pe week drie arm ge­bie­de be­soek en al­mal daar sit son­der wa­ter, sanitasie en e­lek­tri­si­teit. “Nie­mand ver­dien om so te leef nie.” Ca­cha­lia sê die ver­ha­le wat hy gehoor het van in­wo­ners in die woon­ge­bie­de Lin­de­la­ni, Bar­ce­lo­na en Vu­si Mu­si oor hul le­wens­om­stan­dig­he­de het sy hart ge­breek en hom erg ont­stel.

Hy het be­sluit om sy veld­tog te be­gin met ’n “luis­ter­toer” en gaan die vol­gen­de 30 dae ver­skeie ge­bie­de in E­kur­hu­le­ni be­soek om na men­se se klag­tes te luis­ter.

“Ek wil hoor wat die pro­ble­me is wat die men­se on­der­vind en ek sal daar­vol­gens my ma­ni­fes op­stel.”

Ca­cha­lia sê die ANC het hom en mil­joe­ne an­der Suid-A­fri­ka­ners te­leur­ge­stel. “Ek neem nie my nuwe po­si­sie in die DA lig­te­lik op nie. Men­se kan nie lan­ger in sul­ke ver­ne­de­ren­de om­stan­dig­he­de leef nie.”

Foto: ALET PRETORIUS

G­ha­leb Ca­cha­lia

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.