E­tol: ‘Dié dag­vaar­dings kom’

Beeld - - Nuus - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Mo­to­ris­te wat nie hul ag­ter­stal­li­ge e-tol­skuld teen die ein­de van A­pril betaal het nie, sal si­vie­le dag­vaar­dings kry, sê die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pa­da­gent­skap (San­ral).

Maar dit sal San­ral tus­sen tien en 15 jaar neem om al die dag­vaar­dings uit te reik, sê Way­ne Du­ve­na­ge, voor­sit­ter van die Bond­ge­noot­skap teen S­te­de­li­ke Tol (Ou­ta).

Gau­teng­se mo­to­ris­te kon van 2 No­vem­ber af­slag van 60% op hul ag­ter­stal­li­ge e-tol­skuld ont­vang en kon in dié tyd al­ter­na­tie­we be­ta­lings­oor­een­koms­te met San­ral aan­gaan.

Dié een­ma­li­ge af­slag was van toe­pas­sing op al­le on­be­taal­de e-tol­geld van 3 De­sem­ber 2013 tot en met 31 Au­gus­tus 2015.

Vu­si Mo­na, woord­voer­der van San­ral, sê die­ge­ne wat nie in dié tyd hul skuld betaal het nie, sal ’n si­vie­le dag­vaar­ding kry.

Hy sê kli­ën­te­diens­sen­trums was be­dry­wi­ger as ge­woon­lik, wat wys dat mo­to­ris­te die af­slag be­nut het.

“Daar is ’n 110%-toe­na­me in die daag­lik­se op­roe­pe wat die op­roep­sen­trum kry. Ons in­bel­sen­trum het op Dins­dag 26 A­pril by­voor­beeld meer as 2 500 op­roe­pe ont­vang.

“Die to­ta­le be­ta­lings wat in A­pril ont­vang is, oor­skry die Maart-be­ta­lings met ’n ver­bys­te­ren­de 39%.”

Du­ve­na­ge sê dit was ’n po­ging om vin­nig geld te maak.

“Ek twy­fel of hul­le ’n na­ko­mings­vlak van meer as 35% sal kry.” Foto’s: LUCKY NXUMALO

Die af­slag was deel van ’n e-tol­pak­ket wat adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa in Mei 2015 aan­ge­kon­dig het.

Van die ver­an­de­rin­ge is ’n een­vor­mi­ge 30%-koers per ki­lo­me­ter vir lig­te voer­tuie en ’n ver­min­de­ring van 50% in die maan­de­lik­se mak­si­mum wat ge­hef kan word vir ge­re­gis­treer­de re­ke­ning­hou­ers.

Du­ve­na­ge sê dit maak nie saak wat San­ral doen nie, hy sal nie “reg­kom” nie.

“Daar is 2 mil­joen pad­ge­brui­kers en selfs as die helf­te te­ge­moet­ko­mend was, sou dit nie ge­noeg wees nie.”

Ek twy­fel of hul­le ’n na­ko­mings­vlak van meer as 35% sal kry.

Vu­si Mo­na

Way­ne Du­ve­na­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.