237 sterf oor na­week op pad

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

237 men­se is die af­ge­lo­pe lang­na­week op die land se paaie dood.

Dit is een van die hart­seer­ste oom­blik­ke in die Suid-A­fri­kaan­se ge­skie­de­nis, het Di­puo Pe­ters, mi­nis­ter van ver­voer, gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­sê.

Daar was die Wer­kers­dag-lang­na­week 179 pad­on­ge­luk­ke waar­in men­se dood is. Vyf daar­van was be­son­der groot on­ge­luk­ke.

Pe­ters het spe­si­a­le on­der­soek­span­ne toe­ge­wys om die oor­sa­ke van die groot on­ge­luk­ke die lang­na­week te i­den­ti­fi­seer.

K­waZu­lu-Na­tal is die pro­vin­sie wat die erg­ste deur­ge­loop het met 49 sterf­tes. In Gau­teng het 45 men­se op die pad om­ge­kom en in Lim­po­po 39.

In Gau­teng het ’n mi­ni­bus Vry­dag teen ’n vrag­mo­tor op die R41 in Rand­fon­tein ge­bots. 14 men­se is in dié on­ge­luk dood en twee is in die hos­pi­taal op­ge­neem.

Ver­keers­be­amp­tes sê die taxi het glo vir ’n vrag­mo­tor van die Pos­kan­toor uit­ge­swaai en dit het tot die on­ge­luk ge­lei. Ver­keers­o­wer­he­de be­skryf die on­ge­luk as een van die erg­ste wat hul­le in ja­re ge­sien het.

Op die N1 na­by die Nyl-tol­pla­za in Lim­po­po is ne­ge men­se Son­dag­aand dood na­dat ’n mi­ni­bus waar­in hul­le ge­ry het teen ’n sleep­wa ge­bots en om­ge­slaan het.

Se­we van die oor­le­de­nes was stu­den­te aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand wat te­rug­ge­keer het van ’n kerk­diens van die Zi­o­nist Chris­ti­an C­hurch. Nog ses stu­den­te is in die Mo­ko­pa­ne-hos­pi­taal op­ge­neem.

Vry­dag is vier men­se dood toe die mi­ni­bus waar­in hul­le ge­ry het by B­lykraal by Mo­di­mol­le (Nyl­stroom) om­ge­slaan het. 11 men­se is be­seer en in die Mo­di­mol­le-hos­pi­taal op­ge­neem.

Vyf men­se is in die Wes-Kaap dood toe ’n sport­nuts­voer­tuig en ’n se­dan na­by die lug­ha­we by Ge­or­ge ge­bots het.

In ’n bot­sing waar­in vier voer­tuie op die N2 tus­sen Oos-Lon­den en Mooi­plaas in die Oos-Kaap be­trok­ke was, is een mens dood.

In die oor­een­stem­men­de tyd ver­le­de jaar was daar 130 nood­lot­ti­ge on­ge­luk­ke en 131 sterf­tes. Pe­ters sê al­mal is be­kom­merd om­dat 106 meer men­se van­jaar dood is.

Sy het die re­ge­ring se mee­ge­voel aan die fa­mi­lies en vrien­de van die oor­le­de­nes oor­ge­dra en die be­seer­des ’n spoe­di­ge her­stel toe­ge­wens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.