49 a­pies gaan na nuwe tuis­te

Maak ’n plan om hul te ver­voer, sê reg­ter

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Die Litt­le Falls-tuinsentrum in Mul­ders­drift sê die 49 a­pies wat by hom ge­kon­fis­keer is, is nie nou be­ter daar­aan toe as wat hul­le by hom was nie.

Die sen­trum het gis­ter ’n drin­gen­de hof­aan­soek in P­re­to­ria laat aan­hoor om die a­pies te pro­beer te­rug­kry.

Die spi­na­pe, man­tel­a­pe en eek­ho­rin­ga­pe is op 23 A­pril met ’n las­brief ge­kon­fis­keer wat In­ter­na­ti­o­nal P­ri­ma­te Res­cue (IPR) in ’n land­dros­hof be­kom het.

Die die­re is nou by ’n die­re­ha­we noord van P­re­to­ria.

IPR be­weer be­soe­kers aan die tuinsentrum het hom laat weet die die­re is in ’n s­wak toe­stand. Van die die­re was vol­gens hom so on­der­voed dat hul kop­pe te groot vir hul ly­we is.

Toe Litt­le Falls se ad­vo­kaat gis­ter die sen­trum se saak voor reg­ter Johan Louw ge­stel het, het on­der­steu­ners van IPR uit­roe­pe van on­ge­loof in die o­pen­ba­re ga­le­ry ge­ui­ter.

Louw het hul­le ge­maan om hul­self te be­heer.

Vol­gens Litt­le Falls weer­spie­ël IPR se klag­te oor die a­pies nie die werk­lik­heid nie.

Die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging, wat vol­gens Litt­le Falls die eint­li­ke o­wer­heid is om die saak te han­teer, het hom vroe­ër be­soek en aan­be­veel Een van die man­tel­a­pe in ’n ty­de­li­ke hok by ’n die­re­ha­we noord van P­re­to­ria waar sy vol­gens In­ter­na­ti­o­nal P­ri­ma­te Res­cue (IPR) me­die­se ver­sor­ging kry. Per­so­neel­le­de van IPR sê hul­le het haar Ce­les­te ge­doop. dat die a­pies meer pro­te­ïen kry, het die hof gehoor.

Louw het ge­sê die vraag is of die a­pies nou be­hoor­lik ver­sorg word.

Hy wou weet of hul­le nou “weer ge­trau­ma­ti­seer” moet word deur na Litt­le Falls terug te gaan.

Litt­le Falls het aan­ge­voer die a­pies sal na ’n nuwe tuis­te by Vaal­wa­ter in Lim­po­po gaan en dat hul­le in fa­ses ver­voer sal word. Louw het ge­sê as Vaal­wa­ter die nuwe tuis­te is, gaan hy nie be­veel dat die a­pies éérs te­rug­gaan na Litt­le Falls nie.

Litt­le Falls voer aan hy het nooit in­ge­stem dat die a­pies ge­kon­fis­keer word nie. Louw het die par­tye ge­vra om “af te koel” en ’n sin­vol­le re­ë­ling te tref oor die ver­skui­wing van die a­pies na Vaal­wa­ter wan­neer hul­le in ’n “be­hoor­li­ke toe­stand” is.

“Julle kan re­ël vir on­af­hank­li­ke waar­ne­mers (vir die ver­skui­wing).”

Litt­le Falls voer aan dit is in die a­pies se bes­te be­lang om hul­le aan die nuwe tuis­te te ver­koop. Hul hok­ke sal Vaal­wa­ter toe ver­skuif en dan ver­be­ter word. Louw het ge­sê die par­tye moet te­rug­kom hof toe.

’n Tus­sen­tyd­se hof­be­vel be­paal Litt­le Falls se eie­naars kan die a­pies by die die­re­ha­we be­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.