Wit­re­nos­ter­koei se ge­sig word her­bou ná stro­ping

Beeld - - Nuus - An­le­rie de Wet

Ho­pe, die 12-ja­ri­ge wit­re­nos­ter­koei wat har­te oor die wê­reld heen ge­steel het na­dat sy ver­le­de jaar ’n stro­ping oor­leef het, be­hoort teen Ju­lie ’n nuwe ge­sig te hê.

Sy het gis­ter ’n baan­bre­ker-o­pe­ra­sie on­der­gaan om haar ge­sig te be­gin her­bou. Die stro­pers het erns­ti­ge been- en weef­sel­ska­de aan­ge­rig om haar ho­rings uit te kry. Sy het won­der­baar­lik oor­leef, maar haar vyf­ja­ri­ge kal­fie nie.

Dr. Johan Ma­rais van Sa­ving the Sur­vi­vors het gis­ter­og­gend die Ab­do­mi­nal Re­ap­prox­i­ma­ti­on An­chor (A­bra)stel­sel aan­ge­bring

Die A­bra-stel­sel is ’n Ka­na­de­se pro­duk wat ge­woon­lik met ab­do­mi­na­le o­pe­ra­sies op men­se ge­bruik word om groot won­de met­ter­tyd toe te trek.

Dit was die eer­ste keer wat dit op ’n dier ge­bruik is.

Su­zan­ne Bos­well Rud­ham, woord­voer­der van Sa­ving the Sur­vi­vors, sê die stel­sel werk ba­sies soos skoen­ve­ters.

“Ons maak die ‘ve­ters’ vas om die ga­ping in Ho­pe se ge­sig nou­er te maak. Na­dat die vel en spier ge­strek het, maak ons die ‘ve­ters’ sty­wer vas.”

Wan­neer die ga­ping ge­noeg ver­klein het, sal ’n vel­oor­plan­ting ge­doen word.

Ma­rais sê hul­le het met ver­skeie dier­vel­le ge­ëks­pe­ri­men­teer om een te kry wat spe­si­fiek vir Ho­pe se wond gaan werk.

“O­li­fant­vel het die bes­te ge­werk. Ons het dit al op an­der re­nos­ters ge­bruik vir vel­oor­plan­tings,” sê Ma­rais.

Hy sê die 15 mi­nu­te lan­ge o­pe­ra­sie het baie goed ver­loop, maar hul­le is be­kom­merd dat Ho­pe die ver­ban­de sal af­kry voor­dat die wond ge­sond is.

“Die ag­ter­ho­ring is be­sig om terug te groei, wat baie jeuk. So ons moet net hoop sy trek nie met haar ge­krap die ver­ban­de af nie,” sê Ma­rais.

Bos­well Rud­ham sê hul­le sal oor twee we­ke die ver­ban­de af­haal en die ‘ve­ters’ sty­wer maak.

Ho­pe, die wit­re­nos­ter­koei wat ’n stro­ping oor­leef het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.