Zim: Wild ver­koop weens droog­te

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Ha­ra­re. – Zim­bab­we het gis­ter aan­ge­kon­dig dat van die wild in sy na­si­o­na­le par­ke te koop aan­ge­bied word en ko­pers ge­vra om die die­re van ’n ver­woes­ten­de droog­te te help red.

Le­de van die pu­bliek “met die ver­moë om wild te koop en te be­stuur” – en ge­noeg grond om die die­re te ak­kom­mo­deer – moet die Zim­bab­wie­se park-en-wilda­gent­skap (ZPWA) kon­tak en re­gis­treer.

Daar is nog geen ver­de­re be­son­der­he­de oor die die­re wat te koop aan­ge­bied word of hul pry­se be­kend ge­maak nie, maar die land se tien na­si­o­na­le par­ke is be­kend om hul groot trop­pe o­li­fan­te, leeus, re­nos­ters, lui­perds en buf­fels.

Die droog­te in die streek be­te­ken meer as vier mil­joen Zim­bab­wi­ërs is reeds van hulp­ver­le­ning af­hank­lik, en die ge­was­se waar­van hul­le vir kos en uit­voer­in­kom­ste af­hank­lik is, soos mielies en ta­bak, is swaar ge­tref.

Dit ver­er­ger ook die e­ko­no­mie­se kri­sis in dié kon­tant-arm land, wat se­dert 1999 groot­liks deur bui­te­land­se sken­kers die rug toe­ge­keer is.

Die ver­koop van die wild sal aan som­mi­ge ’n nuwe tuis­te kan bied en die fi­nan­si­ë­le druk ver­lig op die ZPWA, wat glo baie min geld van die staat kry en suk­kel om te oor­leef met die in­kom­ste uit jag en toe­ris­me.

Die park-en-wilda­gent­skap het in ’n ver­kla­ring ge­vra dat Zim­bab­wi­ërs hom kon­tak en niks van bui­te­land­se ko­pers ge­sê nie.

Ca­ro­li­ne Was­ha­ya-Moyo, woord­voer­der van die ZPWA, wou nie sê of die die­re uit­ge­voer mag word en pre­sies hoe­veel hul­le be­plan om te ver­koop nie.

“Ons het nie ’n tei­ken nie. Die ge­tal sal af­hang van die aan­bie­dings wat ons ont­vang.”

Baie oor­se­se jag­ters bly glo weg van die land na­dat ’n bo­haai ont­staan het toe Ce­cil, ’n swart­maan­haar­leeu, ver­le­de jaar in Zim­bab­we dood­ge­skiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.