Woe­de oor lug­ha­we se nuwe maat­re­ëls

Beeld - - Nuus - – Reu­ters

Brus­sel. – Nuwe vei­lig­heids­maat­re­ëls op die Brus­sel­se lug­ha­we waar self­moord­bom­aan­val­lers 16 men­se se dood ver­oor­saak het, ver­oor­saak sul­ke lang toue en ver­tra­gings dat pas­sa­siers hul vlug­te ver­pas.

Die Za­ven­tem-lug­ha­we het Maan­dag ’n deel van sy ver­trek­saal her­o­pen en die ka­pa­si­teit het van 20% tot 80% toe­ge­neem se­dert die be­dry­wig­he­de ’n maand ge­le­de ge­deel­te­lik ná die aan­val op 22 Maart her­vat is.

Pas­sa­siers het eg­ter ge­kla dat die po­li­sie se deur­soe­ke­ry by die in­gang van die ge­bou nie net ure se ver­tra­gings ver­oor­saak nie, maar ’n by­ko­men­de ge­vaar skep deur­dat groot ge­tal­le men­se nou bui­te die ge­bou saam­drom.

On­der die pas­sa­siers was Y­ves Le­ter­me, ’n ge­we­se Bel­gie­se pre­mier, wat twee uur en 40 mi­nu­te in ’n tou ge­staan en sy vlug na Boe­da­pest ver­pas het.

“Ek sal in die ko­men­de week twee keer dink voor­dat ek Brus­sel se lug­ha­we ge­bruik,” het hy aan die Bel­gie­se dag­blad Het Laat­ste Nieuws ge­sê. “Ek dink Parys is ’n be­ter op­sie.” Met lug­ha­wens in Parys, Am­ster­dam en D­üs­sel­dorf wat mak­lik per trein van Brus­sel be­reik kan word, kan die cha­os ’n groot e­ko­no­mie­se im­pak op Bel­gië hê.

Die lug­ha­we­be­stuur­der het die po­li­sie­vak­bond VSOA ge­bla­meer wat be­sluit het om al­le pas­sa­siers en hul ba­ga­sie by die in­gang deur te soek.

“Ons het 40 dae dag en nag ge­werk om die lug­ha­we oop­ge­stel te kry en som­mi­ge ver­teen­woor­di­gers van die po­li­sie­vak­bond dring op hier­die bi­sar­re stel­sel aan,” het Des­chee­ma­ec­ker, pre­si­dent van die Brus­sel­se lug­ha­we, op Fa­ce­book ge­skryf.

“Los dit . . . los dit . . . Ons skiet ons­self in die voet en maak gek­ke van ons­self in die buiteland.”

Die VSOA het eg­ter aan­ge­voer dat die si­tu­a­sie te wy­te is aan ’n te­kort aan per­so­neel van pri­va­te vei­lig­heid­maat­skap­pye wat die aan­vank­li­ke deur­soe­king moes be­har­tig.

“Ons is oop vir voor­stel­le, maar een ding is se­ker: Vei­lig­heid by die lug­ha­we moet ver­skerp word en be­ter wees as voor 22 Maart,” het ’n VSOA-woord­voer­der ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.