Lied­jie oor ma is vir kan­ker­hulp

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

’n Suid-A­fri­kaan­se lied­jie­skry­wer in Nash­vil­le in die VSA hoop om met ’n lied­jie wat sy vir ’n vrien­din ge­skryf het, geld in te sa­mel vir na­vor­sing oor pan­kre­as­kan­ker.

Met Moe­ders­dag om die draai, het A­nel­da S­pen­ce Maan­dag haar lied­jie “Mam­ma” op iTu­nes be­kend ge­stel.

“Ek het my vrien­din, Rin­da S­chut­te, op ho­ër­skool ont­moet toe ons in st. 6 (gr. 8) was.

“Ons het be­sef ons hou van die­self­de mu­siek en is van toe af boe­sem­vrien­de,” sê S­pen­ce.

Sy was ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Oos-Moot in P­re­to­ria.

S­pen­ce, wat in 2012 saam met haar man Nash­vil­le toe ge­trek het om ’n mu­siek­a­tel­jee oop te maak, het die lied­jie in 2014 ge­skryf na­dat pan­kre­as­kan­ker in 2013 by S­chut­te se ma ge­di­ag­no­seer is. “Ek het so hul­pe­loos ge­voel, as­of ek nie daar kon wees vir my bes­te vrien­din nie om­dat ek aan die anderkant van die wê­reld is,” sê sy.

“Ons het saam ons eer­ste deel­tyd­se werk by ’n vi­de­o­win­kel ge­kry, as tie­ner het ek baie tyd by haar huis deur­ge­bring en haar fa­mi­lie baie goed leer ken.

“Die lied­jie ‘Mam­ma’ is reg­tig hoe ek haar ma ge­sien het al daar­die ja­re. Van­dat ek hier in Nash­vil­le is, praat ons om­trent el­ke dag op W­hat­sApp. Die eer­ste paar jaar hier sou baie moei­li­ker ge­wees het son­der haar (S­chut­te se) vriend­skap,” sê S­pen­ce.

Hul­le het me­kaar so­wat twee jaar ge­le­de weer ge­sien. S­chut­te se ma, I­ne­ke, het ’n paar maan­de ná die di­ag­no­se haar stryd teen kan­ker ver­loor en die lied­jie is ook daar­die jaar by die be­graf­nis ge­speel.

“Ek is ver­skrik­lik trots op haar,” sê S­chut­te.

“Sy het die lied­jie vir ons ge­skryf. Dit was baie spesiaal en my ma was so in haar nop­pies toe ons dit vir haar ge­speel het.

“Ek is bly sy wil men­se ver­tel van kan­ker, maar selfs al het jy nou nie so ’n band met die lied­jie nie en speel jy dit net vir jou ma, is dit ’n baie mooi lied­jie.”

Vol­gens S­pen­ce ken sy en haar man, Se­an, drie ge­sin­ne wie se le­wens deur pan­kre­as­kan­ker ge­raak is en wat ook weens dié kan­ker ’n ge­lief­de aan die dood af­ge­staan het. “Dit is ’n uit­mer­ge­len­de, ge­na­de­lo­se kan­ker,” sê sy.

’n Bas­ki­taar­spe­ler, Ga­ry Lunn, wat al saam met die coun­try-san­ge­res Dol­ly Par­ton op­ge­tree het, het ge­help met die op­na­mes.

S­pen­ce is ’n heel­tyd­se lied­jie­skry­wer en help ook met die be­stuur van die a­tel­jee.

Sy weet nog nie wan­neer en óf hul­le gaan te­rug­keer na SuidA­fri­ka nie, maar sê “Suid-A­fri­ka sal al­tyd ’n op­sie bly”.

S­pen­ce sê sy sal 50% van die lied­jie se op­brengs aan die Pan­cre­a­tic Can­cer Acti­on Net­work skenk.

A­nel­da S­pen­ce saam met haar vrien­din Rin­da S­chut­te. S­pen­ce, wat dees­dae ’n lied­jie­skry­wer in Nash­vil­le is, het die lied­jie “Mam­ma” vir S­chut­te ge­skryf na­dat pan­kre­as­kan­ker by S­chut­te se ma, I­ne­ke, ge­di­ag­no­seer is. S­pen­ce hoop om met die lied­jie se ver­ko­pe geld vir na­vor­sing oor pan­kre­as­kan­ker in te sa­mel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.