Tra­ne, nou vreug­de

Geld stroom in; sy help siek ma

Beeld - - Nuus - Su­zaan Pot­gie­ter

Kaap­stad. – Die kel­ne­rin wat deur gel­de­li­ke sken­kings oor­val is na­dat sy deur twee aktiviste tot tra­ne ge­dryf is, het ge­sê sy gaan die geld ge­bruik om vir haar ma, wat kan­ker het, te sorg.

Ashleigh S­chultz (23) het gis­ter op Fa­ce­book ge­sê sy is oor­wel­dig en het geen woor­de om haar dank­baar­heid te be­skryf nie.

S­chultz moes glo uit haar heel­tyd­se werk be­dank om na haar ma om te sien.

By­na R120 000 (R119 886,86) is in­ge­sa­mel vir S­chultz, wat in die Obz Café as kel­ne­rin werk.

Sy het ver­le­de Don­der­dag­aand in dié re­stau­rant in Ob­ser­va­to­ry, Kaap­stad, ge­werk toe twee aktiviste ge­wei­er het om haar ’n fooi­tjie te gee.

N­to­ko­zo Q­wa­be, lei­er van die #R­ho­desMus­tFall-be­we- ging aan die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford in En­ge­land, en die trans­gen­der-ak­ti­vis Wan­di­le Dla­mi­ni het haar tot tra­ne ge­dryf weens hul op­mer­kings.

Q­wa­be het die voor­val op sy Fa­ce­book-blad ge­plaas.

Vol­gens die in­skry­wing het Dla­mi­ni in hoof­let­ters op die re­ke­ning ge­skryf: “We will gi­ve tip w­hen you re­turn the land.”

“Sy het die aan­te­ke­ning ge­sien en be­gin be­we. Sy het ons ge­los en op ti­pie­se wit wy­se in tra­ne uit­ge­bars,” het die in­skry­wing ge­lui.

Na­dat dit ver­skeie ke­re op Fa­ce­book ge­deel is, is twee ver­skil­len­de geld­in­sa­me­lings vir S­chultz be­gin.

Ernst S­hea-Kru­ger het ’n GoFun­dMe-re­ke­ning ge­o­pen waar­in daar tot gis­ter 18:00 sken­kings ge­maak kon word.

Dié sken­kings het saam R75 109,16 be­dra.

R44 777,70 is ook deur die toe­doen van Ro­man Ca­ba­nac, aan­bie­der van The Re­ne­ga­de Re­port op die in­ter­ne­t­ra­di­o­sta­sie C­liff Cen­tral, in­ge­sa­mel.

Hy het ’n re­ke­ning in Ca­pi­tec Bank oop­ge­maak en die be­drag gis­ter aan S­chultz oor­be­taal.

“Ons het nooit ver­wag dat die sto­rie so groot sou raak nie,” het hy ge­sê.

Foto: FA­CE­BOOK

Ashleigh S­chultz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.