Gee El­sa ’n mei­sie, twiet dui­sen­de

Beeld - - Nuus - – Ro­zan­ne Els

#Gi­veEl­saAGi­r­lf­riend – dít is waarvoor dui­sen­de aan­han­gers van Fro­zen, een van Dis­ney se suk­ses­vol­ste a­ni­ma­sie­flieks, vra.

Fro­zen is in 2013 uit­ge­reik en het meer as $1,3 mil­jard (so­wat R19 mil­jard) wê­reld­wyd by die lo­ket ver­dien. En die geld bly in­rol – deels dank­sy “Let It Go”, die fliek se tref­fer­te­ma­lied.

Se­dert Sa­ter­dag­aand is dui­sen­de twiets ge­stuur wat Dis­ney vra om die hoof­ka­rak­ter, El­sa, dié a­ni­ma­sie­huis se eer­ste gay ka­rak­ter te maak.

Die huts­woord #Gi­veEl­saAGi­r­lf­riend het vlam ge­vat na­dat ’n A­me­ri­kaan­se tie­ner, A­lex­is Mon­ca­da (17), ge­twiet het oor hoe i­ko­nies dit sou wees as Dis­ney El­sa ’n les­bie­se prin­ses maak.

Dis­ney het nog nie ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.