Rand ver­loor 43c teen­oor die dol­lar

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – Die rand­bul se gô was Dins­dag skie­lik uit ná ’n sterk lo­pie tot ein­de A­pril.

’n Dol­lar sou jou gis­ter teen Sa­ke se sak­tyd selfs so­veel soos R14,65 ge­kos het na­dat dit Vry­dag selfs ge­lyk het as­of dit R14 sou haal en by R14,12 ge­draai het.

Dit het van Dins­dag se sterk­ste vlak tot skuins voor 19:00 meer as 43c ver­loor.

Die rand het nie al­leen ge­hyg nie, maar dit was naas Mex­i­ko se pe­so die ont­lui­ken­de geld­een­heid wat die swaar­ste ge­trek het uit 24 een­he­de wat Bloom­berg volg, met ’n da­ling van meer as 2%.

Reu­ters en Bloom­berg gee C­hi­na die skuld vir die val in die waar­de van ont­lui­ken­de geld­een­he­de.

Nuwe sy­fers dui daar­op dat dit po­wer gaan met dié land se ver­vaar­di­ging­sy­fers. Cai­x­in Me­dia en Mar­kit se aan­koop­be­stuur­der­s­in­deks (PMI) het in A­pril tot 49,4 pun­te ge­daal ver­ge­le­ke met 49,7 in Maart. E­ni­ge punt on­der 50 be­te­ken die sek­tor krimp in pleks van groei.

Hulp­bron­aan­de­le het saam met die rand ge­ly en Ang­lo A­me­ri­can het teen slui­tings­tyd op die JSE 11,04% van sy mark­waar­de prys­ge­gee tot R141. BHP Bil­li­ton het met 5,05% ge­sak, Lon­min met 8,73%, G­len­co­re met 7,1% en Exx­a­ro met 6,52%.

Dit het die JSE help af­trek en die in­deks van al­le aan­de­le het by­na 1,97% la­er op 51 912,11 pun­te ge­sluit.

Be­leg­gers in hulp­bron­aan­de­le is sen­si­tief vir nuus dat C­hi­na se hon­ger vir hulp­bron­ne taan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.