Teug aan dié kon­jak teen € 25 000

Beeld - - Sake - – Bloom­berg

As jy ’n sma­kie wil kry van Frank­ryk toe Ma­rie An­toi­net­te nog op die troon was, hier is jou kans.

Op 9 Mei gaan een van Parys se oud­ste en be­kend­ste re­stau­ran­te, La Tour d’Ar­gent, so­wat 100 skaars li­keurs en spi­ri­tu­a­lieë op­veil. Dit sluit ’n kon­jak in wat nog vóór die Fran­se Re­vo­lu­sie ge­dis­til­leer is (foto). Elk­een van die drie bot­tels 1788Gran­de Fi­ne Clos du G­rif­fier-kon­jak sal na ra­ming tot € 25 000 haal.

“Dis ’n baie lig­ter kon­jak as wat ’n mens sou dink,” sê Da­vid Ridg­way, La Tour d’Ar­gent se som­me­lier. Om ’n bot­tel oop te maak is ’n “ma­nier om die hor­lo­sie terug te draai”.

Dit is s­legs die der­de vei­ling wat La Tour d’Ar­gent in sy 434 jaar hou. Die eer­ste was in 2009. Toe is ’n bot­tel 1788-Gran­de Fi­ne Clos du G­rif­fier-kon­jak vir € 25 000 op­ge­veil. In 2012 het ses bot­tels daar­van am­per € 23 000 elk ge­haal.

Ná die vei­ling sal La Tour steeds 15 bot­tels van die 228 jaar oue kon­jak oor­hê.

Om die kon­jak per glas te be­dien is “be­lag­lik”, gee Ridg­way toe. As die kon­jak oop­ge­maak is, moet dit bin­ne ses maan­de op­ge­drink word.

1788 was die jaar voor­dat die Fran­se Re­vo­lu­sie be­gin het en vyf jaar voor­dat die Fran­se ko­nin­gin se kop af­ge­kap is.

Spi­ri­tu­a­lieë word al hoe ge­wil­der as ’n be­leg­gings­klas, sê Lau­rie Mat­he­son van die vei­lings­huis Ar­t­cu­ri­al, wat die vei­ling be­har­tig.

Al­ler­han­de kom­buis­wa­re en meu­bels word ook op­ge­veil om­dat die re­stau­rant op­ge­knap word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.