RMBH koop be­lang in At­ter­bu­ry

Beeld - - Sake - – El­vi­ra Wood

Rand Mer­chant Bank Hol­dings (RMBH) gaan ’n 25,01%-be­lang in die ei­en­doms­maat­skap­py A tter­bu­ry koop, het die par­tye Dins­dag in ’n ver­kla­ring be­kend ge­maak. Die tran­sak­sie is on­der­he­wig aan goed­keu­ring van die Me­de­din­gings kom­mis­sie.

At­ter­bu­ry be­sit on­der meer ’n 20%-be­lang in Wa­ter­fall Ci­ty en die nuwe Mall of A­fri­ca in Mid­rand. At­ta­cq be­sit die an­der 80%-be­lang in die ont­wik­ke­ling.

Dit is die eer­ste keer dat RMBH sy be­leg­gings­por­te­feul­je uit­brei na­dat hy tot dus­ver s­legs in Fir­stRand be­lê het.

At­ter­bu­ry gaan RMBH se pri­mê­re ont­wik­ke­lings ven­noot w or­den spe­si­fiek op gro­ter ei­en­doms ont­wik­ke­ling sin SuidA­fri­ka fo­kus. Die groep be­plan om ei­en­doms be­leg­gings in fa­ses aan te pak.

RMBH be­oog om sy belegging in At­ter­bu­ry deur mid­del van voor­keur­aan­de­le te fi­nan­sier.

RMBH se aan­deel­prys het gis­ter 4,7% la­er ge­sluit op R55,38.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.