PMI wys erg­ste is dalk ver­by

Aan­ko­pe­be­stuur­ders is meer op­ti­mis­ties

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

Jo­han­nes­burg. – Dit lyk as­of die erg­ste vir die ver­vaar­di­ging­sek­tor dalk ver­by is.

Bar­clays se aan­ko­pe­be-stuur­der­s­in­deks (PMI) het in A­pril sy on­lang­se op­waart­se nei­ging voort­ge­sit en tot 54,9 in­deks­pun­te ver­be­ter. “Die vol­ge­houe ver­be­te­ring en die uit­een­lo­pen­de aard daar­van (vier uit vyf van die groot subin­dek­se het ver­be­ter) is be­moe­di­gen­de te­kens dat die sek­tor dalk ’n on­der­punt be­reik het en kan aan­hou op­waarts neig in die ko­men­de maan­de,” sê Bar­clays.

In Maart het die PMI vir die eer­ste keer se­dert Ju­lie 2015 bo die neu­tra­le 50-punt­kerf be­weeg. Dit dui op moont­li­ke groei in die be­dryf.

Die in­deks is nou ’n vol­le tien pun­te bo die lae vlak van s­legs drie maan­de ge­le- de. Die PMI is ’n be­trou­ba­re maan­de­lik­se maat­staf van ver­vaar­di­gings­be­dry­wig­he­de en ’n vroeë aan­wy­ser van on­der­lig­gen­de e­ko­no­mie­se ak­ti­wi­teit in Suid-A­fri­ka.

Die subin­deks vir nuwe be­stel­lings het vir die der­de maand ag­ter­een­vol­gens ge­styg en die ver­be­te­ring in die vraag het na ho­ër uit­set deur­ge­sy­fer.

Die subin­deks vir sa­ke­be­dry­wig­he­de het ná agt maan­de van ver­lang­sa­ming tot bo die 50punt­kerf be­weeg.

Bar­clays sê eg­ter die om­vang van die on­lang­se ver­be­te­ring in die PMI sal nie nood­wen­dig in die­self­de ma­te in werk­li­ke pro­duk­sie­groei weer­spie­ël word nie.

“Baie van die PMI-aan­wy­sers kom van vlak­ke wat soort­ge­lyk aan re­ses­sie­vlak­ke was in laat 2015, wat selfs vol­ge­hou is aan die be­gin van 2016. “Dit ver­sterk die groot­te van die re­la­tie­we toe­na­mes iet­wat.”

Die feit dat al vyf van die PMI se groot subin­dek­se nou bo 50 is – die laas­te keer dat dit ge­beur het was in Au­gus­tus 2013 – dui op ’n “ver­an­de­ring van wel­stand”.

Aan­ko­pe­be­stuur-ders is oor die al­ge­meen meer op­ge­ruimd oor die ver­wag­te sa­ke­toe­stan­de in die vol­gen­de ses maan­de as wat hul­le aan die be­gin van die jaar was. Dié subin­deks het met 4,8 pun­te tot 55,9 in A­pril ver­be­ter – ’n vol­le 16,5 pun­te bo Ja­nu­a­rie se vlak. Die prys­in­deks het van 87,8 pun­te tot 77,7 ge­daal. Dit be­te­ken sta­di­ger ver­ho­gings in pry­se, wat ook ver­wel­kom sal word deur ver­vaar­di­gers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.