Pa­pier­koe­rant is iets wat jou tra­ne ‘op­droog’

Beeld - - Kommentaar -

Soos som­mi­ge an­der be­treur ek die sta­di­ge dood van die pa­pier­koe­rant. En ek be­geer met my he­le hart dat dit nie rê­rig sal ge­beur nie – dat vir die pa­pier­koe­rant sal geld wat Um­ber­to Eco en sy denk­maats ge­skryf het: “T­his is not the end of the book.”

Ver­stan­dig weet ek “di­gi­ta­le nuus” is ’n móét, maar my hart neig an­ders. Want kyk, ek en ’n koe­rant kom al van ver af saam. Ek was nog ’n kna­pie toe ek sog­gens vroeg Volks­blad (toe nog ’n laat­mid­dag­koe­rant) by die tuin­hek­kie gaan haal het.

In die sit­ka­mer op die mat het ek dan op my knieë ge­gaan, ge­heel en al be­to­wer deur gis­ter se sto­ries wat van na­by en van “ver oor die see” ge­kom het na ons mid­del­klas­hui­sie langs die spoor­lyn in Mont­go­me­ry­straat 22, Wil­ge­hof, Bloem­fon­tein.

Met die reuk van druk­ker­sink in my neus en my vin­gers swart ge­smeer, kon ek voor skool deur eie land en wê­reld reis. Dit het soos ’n dwelm ge­word wat ek móés neem.

Van­dag nog is dit so: As Beeld nie vroeg­og­gend af­ge­le­wer is nie, voel ek in die steek ge­laat; is ek om­ge­krap, selfs be­foe­terd.

Daar­om staan dit by my (nos­tal­gies) vas: ’n Pa­pier­koe­rant is soos die wiel: Se­dert dit uit­ge­vind is, kon nie­mand nog daar­op ver­be­ter nie.

Want eers op my soe­pe­ler knieë en nou op ’n ge­mak­stoel in die son­ne­tjie op die stoep kom ek nuwe ge­dag­tes en moont­lik­he­de teë; be­ge­lei deur die geur van woor­de, die wen­ding van sin­ne en die ver­lei­ding van foto’s: Wie, waar, wan­neer, wat? Al­tyd op pad – op ou paaie én nuwe, vreem­de en op­win­den­de reis­roe­tes.

So al­gaan­de het ek die pa­pier­koe­rant be­gin ver­staan as ’n “by­bel” van mens­lik­heid wat boek­staaf hoe goed en hoe boos die mens is; die dub­bel­har­ti­ge mens wat beur­te­lings by die kruis kniel én teen die he­mel skel; red­de­loos self­sug­tig én op­reg deer­nis­vol is; moed het én moed ver­loor; op­gaan in die ge­rin­ge én groots­heid be­dink en be­reik.

En dit al­les staan in die pa­pier­koe­rant – om jou kwaad én bly te maak; te laat lag én te laat huil . . .

Soos toe Mil­li­nah O­mo­to­la on­langs in Die Bur­ger ge­skryf het oor ou­ers met ’n “hal­we hart” – dié wat hul kin­ders aan die dood moes af­staan.

In die win­kel ná kerk op ’n Son­dag­mô­re wil sy na ’n ou­er­paar oor­stap om jam­mer te sê en ’n druk­kie of ’n hand­druk te gee. Maar dan sak haar moed en sy stap ver­by.

Sy vra haar­self af: “Hoe oor­tuig jy ’n ge­bro­ke ou­er, met jou kin­ders styf teen jou lyf, dat dit be­ter word en dat jy stil­le­tjies saam met hul­le ly?”

Dan sê sy: “Vir my is die koe­rant die bes­te plek om jou droef­heid weg te steek. Want die tra­ne wat ná el­ke tra­gie­se be­rig daar­op val en met­ter­tyd droog word, bly net daar – nie­mand sien dit raak nie. Ek het al baie tra­ne so in koe­ran­te ag­ter­ge­laat . . .”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.