Zu­ma hoort voor kom­mis­sie oor Ri­ah

Beeld - - Kommentaar - Sa­rel My­burgh van Mon­ta­na skryf:

Die be­rig “Ri­ah P­hiy­e­ga ver­skyn voor kom­mis­sie oor Ma­ri­ka­na” laat my dink dat die kom­mis­sie sy tyd mors.

Dat daar so lank met hier­die saak ge­kar­ring word, dui net op die on­ef­fek­ti­wi­teit wat in ons staats­be­stel in­ge­bou is.

Ri­ah P­hiy­e­ga is reeds hóé lank ge­skors han­gen­de die on­der­soek en ’n ty­de­li­ke po­li­sie­kom­mis­sa­ris doen haar werk. In­tus­sen sit sy by die huis en speel met haar vin­gers. Sy moes lank­al net van haar pos ont­hef ge­wees het. Punt.

Wat my die mees­te ont­stel van hier­die he­le sa­ge, is die feit dat die per­soon wat haar aan­ge­stel het met sy stert in die lug rond­loop.

Pres. Ja­cob Zu­ma het hier­die aan­stel­ling ge­maak. Die he­le land het ge­weet dat P­hiy­e­ga so min van po­li­sie­werk weet soos ’n kat van saf­fraan. Maar tog is on­se pre­si­dent ge­ad­vi­seer om haar aan te stel. En na­tuur­lik het hy dit ge­doen!

Nou sit sy voor ’n reg­ter­li­ke kom­mis­sie en die per­soon wat hier­die on­na­den­ken­de aan­stel­ling ge­maak het, is nê­rens te sien nie.

Al wat vir Zu­ma gaan oor­bly, is om P­hiy­e­ga se uit­diens­tre­dings­pak­ket (van mil­joe­ne ran­de) goed te keur in­dien sy on­be­kwaam be­vind word! Dit is mos die hui­di­ge styl. Stel ’n on­be­kwa­me amp­te­naar aan en ver­goed hom of haar dan wan­neer die mas nie op­ge­kom kan word nie!

En wie moet ons hier­voor be­dank? Wie an­ders as ons (on­be­kwa­me?) pre­si­dent! Hy moes eint­lik voor die kom­mis­sie ver­skyn het.

Genl. Ri­ah P­hiy­e­ga

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.