Ne­lie gee my raad op veld

Beeld - - Kommentaar - Daan S­chee­pers van East Lyn­ne skryf:

In 1965 is ek deur die des­tyd­se Bar­clays Bank van Parys in die Vry­staat na Bloem­fon­tein oor­ge­plaas. Ek was toe 21 jaar oud. In Bloem­fon­tein het ek by die Col­le­gi­ans-rug­by­klub aan­ge­sluit.

In daar­die sta­di­um was dit een van die sterk­ste span­ne in Bloem­fon­tein met spe­lers soos Sak­kie van Zyl, Piet Goo­sen, Chris van der Hee­ver, Lou­is Slab­bert (al­mal Vry­staat-spe­lers) en ook nog Ne­lie Smith.

Voor ons eer­ste wed­stryd word daar proe­we ge­hou op die spoor­weg­ter­rein, ge­noem S­choe­mans­park.

Ek word ge­kies om los­ska­kel vir die A-span saam met Ne­lie te speel.

Nou ver­staan, ons ou­ens van die plat­te­land word met ’n rug­by­bal in die hand ge­bo­re, so ons het nooit ’n bal laat val of aan­ge­slaan nie.

Som­mer vroeg in die proe­we kom die eer­ste aan­gee van Ne­lie na my kant toe en o ge­na­de, ka­plaks val die bal op die grond. Ek is ver­baas en skud my vin­gers so­dat hul­le los­kom.

Dit help nie en die vol­gen­de twee bal­le wat na my kant toe kom, land op die grond. Dit is toe dat Ne­lie na my toe kom en sê: “S­kip­pie, staan so drie tree ver­der weg.”

Die res van die proe­we het seep­glad ver­loop en ek het die vol­gen­de paar jaar vir Col­le­gi­ans se eer­ste span ge­speel. Ne­lie se aan­gee was sui­wer en hard. Rus in vre­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.