Wat sê jy? S­tuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Middelbald -

V Leeu op die voor­blad: Het jy al so ’n to­ta­le en vol­ko­me lek­ker­kry ge­sien? – Pi­ne V My hart bloei vir Iron en sy leeu­mak­kers. Mag God die men­se se­ën wat hul­le ge­red het. – Ma­ri­a­na van P­re­to­ria V Van­dag bars my hart van trots oor my land en sy men­se! Mag die prag­ti­ge leeus en hul ver­sor­gers net voor­spoed en vreug­de ken. – An­net­te V Dankie, Han­ti Ot­to, vir jou tra­ne­mooi leeu­be­rig. Die kat­te was uit die bos, maar daai geel oë wys dat A­fri­ka nooit uit die ko­ning se hart was nie. – S­par­ky, Van­der­bijl­park V Dank Va­der vir die ver­los­sing van die leeus. Bly in vre­de in die na­tuur. – Chris­ta van Rooyen V S­tuur Syl­ves­ter na die 33 leeus. Hy kan hul­le na­tuur­li­ke (ont­snap)toer­tjies leer. – Johan V So hartseer om te lees dat die ar­me leeus so mis­han­del is. Glo dit sal hier goed gaan met hul­le. – Za­nie V Adv. Jo­hann En­gel­brecht, sou jy so vir Bob He­witt op­ge­kom het as dit jou dog­ter was wat hy ver­krag het toe sy maar 12 jaar oud was? Laat hy sit. – Dup V Twee be­rig­te in Beeld met die­self­de strek­king oor hoe wreed die mens­li­ke spe­sie kan wees: Die sken­ding van kin­ders se ver­troue in hul af­rig­ter en die mis­han­de­ling van die leeus oor­see. Ek skaam my. – Le­ni V Hoe be­lag­lik! Ver­krag is ver­krag, of dit nou met ge­weld is of nie! Bob He­witt moet sy ses jaar ag­ter tra­lies sit! Nou gaan al die ver­krag­ters met die s­wak ver­sko­ning weg­kom dat hul­le hul slag­of­fers nie “seer­ge­maak” het nie! Bog, man! – Su­san V He­witt het nie “wreed” ver­krag nie. Wat ’n sim­pel stel­ling! Dit was jong mei­sies. – Liz­zie V Die Bul­le se wed­stryd in So­we­to is nie daar ge­hou om e­ni­ge “ge­tui­e­nis” te le­wer nie. Dit was ’n sport­by­een­koms. Niks an­ders as net dit nie! – MJL V Sal die ANC, EFF of DA as­se­blief ver­dui­de­lik wat hul­le be­doel met die slag­spreuk dat swart men­se ook e­ko­no­mie­se vry­heid bo en be­hal­we hul po­li­tie­ke vry­heid moet ver­kry. Daar be­staan niks wat hul deel­na­me aan die e­ko­no­mie kort­wiek of hul­le uit­sluit nie. Dit is s­legs ’n an­der ma­nier om te sê dat hul­le vol­le be­heer oor al­le pri­va­te on­der­ne­mings, ban­ke en ef­fek­te­beur­se ge­gee moet word, soos in Zim­bab­we. En die DA sing in die­self­de koor. – CvB, Jhb V Was nou een week in die Wes­Kaap. Wat ’n ver­ras­sing. Die toi­let­te en stran­de is sil­wer­skoon, dor­pe se stra­te, sy­paad­jies en par­ke is skoon, geen slag­ga­te in die stra­te. Ie­mand doen iets reg. – Pie­ter V aan­ge­naam­pe Ek is het ook die prag­tig ver­ras Kru­ger­wild­tuin­ver­sorg.oor die Ek goeie on­langs­het diens.weer be­soek.eens Rus­kam­ Was won­der­li­ke­vaar. la­fe­nis vir my siel in die na­tuur er– Ou­ma Lies V na­tuur­re­ser­vaat­Tshwa­ne gaan se net se­ku­ri­teitso min die ver­be­ter Groen­kloof­as wat hul­le hul mu­seums se se­ku­ri­teit erns­tig op­neem. – A­no­niem V Uit­ste­ken­de brief, Han­nes Coet­zee. Jy som dit pre­sies reg op. Dis ’n il­lu­sie dat e­ni­ge deel van e­vo­lu­sie we­ten­skap­lik be­wys is. Ek ver­trou dat meer wetenskaplikes vir die waar­heid sal op­staan. – Gi­de­on du Plessis V Han­nes, en wie het hier­die In­tel­li­gen­te Skep­per ge­skep? ’n Selfs nog meer in­tel­li­gen­te skep­per? – Wyn­and V Han­nes Coet­zee, jy sit die pot mis. E­vo­lu­sie is ’n feit wat jy kan aan­vaar of ver­werp. Dit het niks met ge­loof te doen nie. Dis deeg­lik be­wys op ver­skeie we­ten­skap­li­ke vak­ge­bie­de. – JJ V Han­nes Coet­zee, jy weet se­ker ook dat min­der as een uit 1 000 van jou “in­tel­li­gent ont­werp­te” spe­sies suk­ses­vol was en steeds leef en dat die an­der wan­aan­ge­pas was en uit­ge­sterf het. – Jan, Bfn V John van Jhb: Dit is dui­de­lik dat jy Sa­ter­dag vir die eer­ste keer die af­ge­lo­pe drie jaar op die Leeus en Ac­kers se rug­by in­ge­ska­kel het, an­ders sou jy nie so ’n on­in­ge­lig­te op­mer­king oor Johan Ac­ker­mann ge­maak het nie. – Hen­nie V. V Ai, die ja­loer­se on­der­rok hang ver uit by dié wat so lek­ker kry oor die Leeus. Vir se­ker Bul­ of S­tor­mer­on­der­steu­ners wat sul­ke ar­ro­gan­sie o­pen­baar. – El­ba V Jan van Gaal­en, waar kom jy daar­aan dat die ver­loor­Leeus Suid­A­fri­ka se voor­ste span is? – Le­ser V Wel­ge­daan, C­har­lot­te Mai­la. Eer­ste swart vrou wat Stil­le O­se­aan oor­steek. Niks is on­moont­lik nie as jy po­si­tief is en hard werk. – Stel V On­ge­loof­li­ke foto saam C­har­lot­te Mai­la met die be­rig oor Ne­lie Smith. Die toe­skou­ers se ge­sig­te is fas­si­ne­rend. En een wat die All Black­drie toe­juig. A­fri­ka­na! – JPT, Mid­del­burg V Ger­hard van Huys­steen praat van groot­ge­bring. Klink soos op­gooi. Wat van groot­ge­maak? – Zarps V Ek glo geen man wat in die weer­mag was, sal op­daag nie. Die ker­ke doen goed waar­van hul­le niks weet nie. – Ven­ter, S­prings V Pe­tro, jy het jou soos ge­woon­lik van­dag weer oor­tref. As jy jou kind van e­ni­ge ou­der­dom sien veg teen kan­ker in e­ni­ge vorm, weet jy van em­pa­tie, maar ook van trots as jy sien hoe hul­le nog al­tyd droom en plan­ne vir die toe­koms maak. – Huis­vrou van P­re­to­ria

Ju­li­us Ma­le­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.