Sleu­tel tot oor­le­wing

A­fri­ka­ners is net ’n on­der­deel van A­fri­kaans, skryf Dan­ny Ti­tus (links), ter­wyl A­li­da Kok En­gel­brecht klem lê op die be­lang van self­stan­dig­heid vir die oor­le­wing van A­fri­ka­ners.

Beeld - - Middelbald -

Ons vra die ver­keer­de vrae oor A­fri­kaans­spre­ken­des as ons eint­lik oor A­fri­ka­ners wil praat.

A­fri­ka­ners kan weer by ’n “his­to­rie­se kruis­pad” wees. Dit is ge­woon nie die­self­de kruis­pad van die gro­ter spek­trum van A­fri­kaans­spre­ken­des nie.

Die gro­ter gros van A­fri­kaan­se me­dia wei­er ge­woon om dié Suid-A­fri­kaan­se feit te wil aan­vaar. So­doen­de kom die vol­le ver­haal van A­fri­kaans en A­fri­kaans­spre­ken­des nie aan die bod nie.

A­fri­ka­ners is ’n be­dui­den­de on­der­deel van A­fri­kaans.

Hul­le is nie die al­leen­ver­teen­woor­di­gers van A­fri­kaans nie. Hier­die ty­di­ge ge­sprek van Beeld sal nie die ge­wens­te uit­koms van in­te­res­sant, ver­rui­mend en grens­ver­skui­wend be­reik nie as die rig­snoer Le­o­pold S­choltz se Kruis­paaie: A­fri­ka­ner­keu­ses in die 19de en 20ste eeu as uit­gangs­punt het.

A­fri­ka­ners en hul ge­skie­de­nis is een ding. A­fri­kaans­spre­ken­des, bruin men­se, swart A­fri­can-men­se, Mos­lem-men­se, In­di­ër-men­se, wit men­se en dees­dae A­fri­can­bui­te­lan­ders en hul be­le­we­nis­se as A­fri­kaan­se taal­spre­kers is ’n an­der.

Dit is hier waar die taal se ver­rui­ming lê: om A­fri­kaans te ver­ruim bui­te die be­perkt­heid van die en­ke­le groep.

A­fri­kaans is een van die 11 Suid-A­fri­kaan­se ta­le. Dit kan nie die e­nig­ste wees nie.

Ons het reeds die oor­heer­sing en dik­ta­tuur van ’n en­ke­le A­fri­kaan­se di­a­lek deur­breek en ver­ruim met die koms van de­mo­kra­sie.

Die SAUK is be­sig om A­fri­kaans saam met die K­hoi- en San-ta­le te groe­peer. Dit is vir my ver­rui­ming en in ’n ma­te ver­nu­wing.

Met die hoor­sit­tings van die Men­se­reg­te­kom­mis­sie oor K­hoi- en San-men­se was dit op­val­lend hoe sterk daar A­fri­kaans ge­praat is. K­hoi- en San-men­se en hul na­sa­te is by­na deur die bank A­fri­kaans­spre­kend, ge­slag­te lank, deel van die taal en deel van die kul­tuur.

Die werk­li­ke kruis­pad

Hier lê die eint­li­ke kruis­pad vir A­fri­kaans: om sy wa­re kleu­re te er­ken en te re­spek­teer; om sy waar­heid en niks be­hal­we sy waar­heid nie te ver­tel; om sy on­der­druk­king, ver­druk­king en ras­sis­me dui­de­lik te stel; en om sy be­vry­ding, sy sa­me­syn en sy vreug­de te smaak.

Die na­week by die Suid­oos­ter­fees in Kaap­stad is die te­ma die 50-ja­ri­ge her­den­king van die ont­mens­li­king van Dis­trik Ses, deur groot­liks A­fri­kaans­spre­ken­des teen­oor oor­heer­send A­fri­kaans­spre­ken­des.

Al was die won­de ook hoe diep, kon die fees af­sluit met Suid-A­fri­ka­ners wat voor ’n vol­ge­pak­te gehoor kon wys hoe ons die naak­te wreed­he­de kon oor­kom.

Sang in di­ver­si­teit, I­ta­li­aans, A­fri­kaans, En­gels, maar die oor­we­gen­de toon was ons moe­der­taal, selfs uit K­haye­lit­sha.

’n Kol­le­ga kom sien my in my kan­toor vroe­ër van­jaar. Die werk­lik­he­de van Dis­trik Ses het haar ge­dryf. “Ek wil net vir jou sê ek is jam­mer vir wat my men­se aan jou men­se ge­doen het.”

Sy is eer­lik, op­reg en e­mo­si­o­neel. Ek stap om die ta­fel en hou haar vas. Ek het nie woor­de nie. Sy ook nie meer nie.

Ons stil­tes spreek boek­de­le, in A­fri­kaans, ons A­fri­kaans. Dit is an­ders as die bit­ter op so­si­a­le me­dia.

Ver­nu­we en ver­ruim

A­fri­kaans moet steeds ver­nu­we en ver­ruim. Ons moet dit hoor van die vleis­braai­vu­re, die re­sep­te van­nie Bon­te­heu­wel, die BoKaap, El­do­ra­do­park, die Noord-Kaap, So­we­to, K­haye­lit­sha, P­re­to­ria, Lau­di­um.

Dít is wat ons op ons u­ni­ver­si­tei­te moet hoor, in ons de­bat­te, op die voor­blaaie van die A­fri­kaan­se pers, ’n nuwe vars A­fri­kaans, ’n nuwe volkstig­ting, ’n an­der volks­plan­ting.

Ons taal- en kul­tuur­er­fe­nis­se is gru­we­lik ver­deeld.

Die ho­ge Ne­der­lands het ge­woon nie in die mon­de van die K­re­ool­se Suid-A­fri­kaan­se na­sie ge­pas nie.

Daar­om praat ons van “ons” en nie van “wij” nie, daar­om sê ons “ons is” en nie “wij zi­jn” nie.

Daar­om praat ons A­fri­kaans en nie Ne­der­lands nie.

A­fri­kaans en al sy spre­kers se stem­me moet gehoor word.

De ta­el is toch im­mers gansch het volk? Dr. Ti­tus is uit­voe­ren­de di­rek­teur: kul­tuur van die ATKV.

En in die be­gin was daar a­part­heid. Dit is die on­lang­se ka­ta­klis­mie­se ge­beur­te­nis in A­fri­ka­ner­mi­to­lo­gie wat aan die twee­de ge­ne­ra­sie ná die ge­ne­ra­sies van a­part­heids­oor­tre­ders oor­ver­tel word.

Hier ver­wys “mi­to­lo­gie” nie nood­wen­dig na ’n fa­bel nie, maar eer­der na ’n ver­sa­me­ling van sto­ries oor die A­fri­ka­ner. Die twee­de ge­ne­ra­sie weet nie van die ver­re ver­le­de se kruis­paaie nie: vry­bur­gers, die Groot Trek, die Suid-A­fri­kaan­se Oor­log, U­nie­wor­ding, Re­pu­bliek­wor­ding, die G­rens­oor­log.

Ons weet net dat ons uit a­part­heid ge­bo­re is en dat die ly­ne wat deur a­part­heid neer­ge­lê is steeds groot­liks ons le­wens in die o­pen­ba­re sfeer be­paal.

Mi­to­lo­gie van A­fri­ka­ners

Die mi­to­lo­gie van ons kul­tuur­groep is re­le­vant in ’n oor­we­ging van die mo­der­ne A­fri­ka­ners, want die sto­ries wat ons van ons­self hoor en oor­ver­tel, be­paal die gren­se van ons be­staan en die aard van wat ons as “die waar­heid” be­skou.

Ons den­ke oor ons­self be­paal die land­skap waar­in ons kan rond­be­weeg. Neem by­voor­beeld die an­tie­ke G­rie­ke: G­riek­se mi­to­lo­gie han­del oor die go­de en dui op hoe die mens kan leef om ook on­sterf­lik, soos die go­de, te wees. Die wê­reld wat ge­skep is deur hier­die mi­to­lo­gie is een waar­in uit­ne­mend­heid ge­se­ë­vier het weens die stre­we na on­sterf­lik­heid. Dink by­voor­beeld aan die af­koms van die O­lim­pie­se S­pe­le.

Met die oor­na­me van die Ro­mein­se Ryk het die sto­ries wat die Ro­mei­ne oor hul­self ver­tel het, ge­han­del oor die prak­tie­se ont- snap­ping aan ’n straw­we be­staan en ’n wy­se om ’n “goeie le­we” te leef.

Am­per twee mil­len­nia la­ter, in die mo­der­ne wê­reld, vind ’n mens nog ’n voor­beeld daar­van in die ver­sa­me­ling van sto­ries wat A­me­ri­ka­ners oor hul­self ver­tel het in die mid­del 20ste eeu.

Hier­die sto­ries het ’n land­skap ge­skets waar­in die ver­we­sen­li­king van die am­per on­moont­li­ke kon plaas­vind, soos die in­val van Eu­ro­pa in die Twee­de Wê­reld­oor­log en die reis na die maan.

A­fri­ka pro­beer al se­dert die mid­del 19de eeu om ’n nuwe sto­rie oor hom­self te ver­tel: ’n Mi­to­lo­gie waar­in ’n be­vry­den­de swart na­si­o­na­lis­me, Pan-A­fri­ka­nis­me en swart be­wus­syn be­staan.

Self­stan­dig­heid ver­se­ker oor­le­wing

Net so het A­fri­ka­ner-mi­to­lo­gie ook se­dert die 19de eeu as dryf­veer ge­dien vir ’n kol­lek­tie­we be­wus­syn. In ons mi­to­lo­gie word self­stan­dig­heid bo­wen­al op prys ge­stel. Self­stan­dig­heid het die oor­le­wing ver­se­ker van ’n groep men­se wat weg­ge­trek het uit Eu­ro­pa na A­fri­ka, uit die Kaap­ko­lo­nie na die bin­ne­land en uit die plat­te­land na ste­de weens die ver­woes­ting wat ge­saai was deur oor­log.

’n Tyd­perk van on­ge­ë­we­naar­de wel­vaart, weens A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me, het daar­na ge­volg en toe die be­ëin­di­ging van ’n im­mo­re­le a­part­heid­stel­sel.

Op die tyd­stip het ge­skie­de­nis A­fri­ka­ner­mi­to­lo­gie on­gel­dig ver­klaar. Ons sto­ries het nou van ’n o­pen­ba­re gehoor na die vei­lig­heid van die pri­va­te sek­tor ver­skuif. Die mi­gra­sie van A­fri­ka­ner het dus weer plaas­ge­vind, maar dié keer na ’n “in­ter­ne” wê­reld: fi­sies en spreek­woor­de­lik bin­ne die be­sker­ming van vier mu­re en ook los van die ge­heel, be­sig met ons eie in­ter­ne be­sin­nings. Eer­ste en twee­de ge­ne­ra­sie­groe­pe wit, A­fri­kaans­spre­ken­de men­se het ver­skil­len­de be­skou­ings oor hul­self in die kon­teks van Suid-A­fri­ka en die wê­reld en as jy ’n vlieg aan die muur is by ’n Son­dag­mid­dag­e­te of ook met ’n bier in die hand kan staan langs ’n vleis­braai­vuur, dan hoor jy stel­sel­ma­tig wat hier­die be­skou­ings is.

Som­mi­ge sien hul­self steeds as su­pe­ri­eur en dat hul­le mens­li­ker is as an­der, som­mi­ge gee nie ’n bloue duit om oor hul le­we in die o­pen­baar nie, maar tal­le klou nog steeds in die ge­heim vas aan hul ver­staan van ’n A­fri­ka­ne­ri­den­ti­teit en A­fri­ka­ner­self­stan­dig­heid is die een mi­to­lo­gie­se ei­en­skap wat deur­ge­trek is na die he­de. Op ’n ma­nier ver­se­ker self­stan­dig­heid weer ons be­staan.

Ons fi­sie­ke ver­skui­wings van een ge­o­gra­fie­se plek na ’n an­der het al hoe klei­ner ge­raak, ter­wyl ons denk­beel­di­ge ver­skui­wings al hoe gro­ter ge­raak het. Men­se is nie ei­lan­de nie en hoe­wel elk­een be­sig is met sy eie be­sin­ning, het A­fri­ka­ners steeds ’n ge­deel­de er­va­ring wat dien as ge­me­ne de­ler in die kol­lek­tief en op die vol­gen­de denk­beel­di­ge front is daar nie gren­se tot die ver­staan van ons be­staan en waar­he­de nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.