Goeie Nuus

Tel jou woor­de aan­lyn

Beeld - - Middelbald - – S­te­phan Jou­bert

“Being fa­mous on Fa­ce­book is a bit li­ke being rich in Mo­no­po­ly.”

Toe ek dié woor­de ie­wers lees, dink ek dis da­rem nie heel­te­mal waar nie. So­si­a­le me­dia is ’n nor­ma­le deel van mil­joe­ne men­se se daag­lik­se le­we.

’n Nuwe B­rit­se stu­die toon juis aan oor­da­di­ge bloot­stel­ling aan so­si­a­le me­dia het ’n ne­ga­tie­we ef­fek op baie jong men­se se per­soon­lik­heids­vor­ming. Dit lei on­der meer tot ag­gres­sie en oor­da­di­ge self­lief­de.

Nee, ons hoef so­si­a­le me­dia nie te ver­bied nie. Ons moet eer­der leer om met wys­heid daar aan­we­sig te wees. Nie heel­dag lank nie, maar wan­neer ons wel daar kui­er, moet dit nie pre­ke­rig of ver­oor­de­lend wees nie.

El­le­lan­ge pre­ke gaan dit nie hier maak nie. So­si­a­le me­dia is nie ont­werp vir mo­no­loë nie. Dit is in­ter­ak­tief. Elk­een se o­pi­nie tel hier. Tel jou woor­de dus be­hoor­lik op so­si­a­le me­dia. Deel goeie sto­ries en op­mer­kings, daar­die soort wat God-ver­heer­li­kend is. Ver­sprei ook hier ’n aan­ge­na­me geur vir die He­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.