Amanda kom deel haar ro­by­ne

Beeld - - Kuns - AJ Op­per­man ’n Rug­sak vol ro­by­ne be­gin om 20:00. Kaart­jies kos R140 tot R160. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Die san­ge­res Amanda S­try­dom, wat Vry­dag in die At­ter­bu­ry­te­a­ter met haar pro­duk­sie ’n Rug­sak vol ro­by­ne op­tree, weet in­stink­tief of iets gaan werk of nie.

“Daar­om lê daar so­veel on­vol­tooi­de li­rie­ke in my a­tel­jee! Ek moet eers van ’n lied hou – as ek nie daar­van hou nie, hoe kan ek ver­wag die luis­te­raar moet?”

Met ’n Rug­sak vol ro­by­ne, waar­mee S­try­dom (wat 60 word) 37 jaar in die mu­siek­be­dryf vier, het sy be­sef hoe baie van haar lied­jies sy lank­laas ge­sing het.

Dit was ook die ge­val met haar vo­ri­ge mu­siek­pro­duk­sie, Die he­le bok­sem­daais.

“Wat vir my en my pi­a­nis, Coen­raad Rall, ’n groot uit­da­ging was, was om lied­jies vir ’n Rug­sak vol ro­by­ne, wat met groot or­kes­tra­sies op my CD’s op­ge­neem is, s­legs met kla­vier te doen. Dis vir my die toets vir ’n goeie lied – as hy in een­voud, son­der foe­fies en ge­stroop tot die es­sen­sie, nog sterk kan staan.”

Die lied­jies wat sy vir die pro­duk­sie kies, be­paal al­tyd wat die teks gaan wees.

“Ek ver­tel óf ’n sto­rie óf ge­bruik li­rie­ke uit een van my lied­jies óf ’n ge­dig om al­les te bind. Ek het nog al­tyd só ge­werk. Die ge­heel moet sin­vol wees met ’n ba­lans tus­sen die erns­ti­ge en die ko­mie­se/ab­sur­de. ’n Re­ël uit my lied­jie “S­lip­pers van sa­tyn” het die saad­jie vir Rug­sak ge­plant: ‘Sy’s nie van hier, sy’s ge­stuur, haar rug­sak vol ro­by­ne’.”

Sy stem saam met die dig­ter T.T. Cloe­te se “pyn is kre­a­tief”. Sy re­ken in moei­li­ke tye in haar le­we is sy baie meer skep­pend as wan­neer dit goed gaan.

“Die le­we ís lag met ’n traan. Ek hou ook daar­van om men­se te laat lag tot die tra­ne loop! My werk is om ’n gehoor te raak, te laat dink, te laat luis­ter en te ver­maak. Ek kan niks an­ders wees as wat ek is as ek voor ’n gehoor staan nie. Ge­ho­re kan vals­heid nie ver­duur nie. Ek ook nie.”

Sy dink nie aan in­stru­men­te wan­neer sy kom­po­neer nie. Sy het ’n wy­sie in haar kop en die pi­a­nis Ja­ni­ne Neeth­ling het die ver­moë om pre­sies klank te gee aan wat S­try­dom in ge­dag­te het. Neeth­ling sal vir haar sê of sy voel ’n lied moet kla­vier- of ki­taar­ge­dre­we wees. Di­di K­riel het haar ook só ge­help met die kom­po­si­sies vir haar al­bums Vrou by die spie­ël en Ho­tel Roy­a­le.

“Die li­riek en taal is ui­ter­aard vir my die be­lang­rik­ste; die mu­siek moet die lig wees waar­in die woor­de kan skyn. Ek dink nie aan in­stru­men­te as ek skryf nie, maar skryf wel rit­mies.

“Ons het met ‘Ek het ge­droom’ wat ek ná (Jo­han­nes) Ker­kor­rel se dood ge­skryf het, ge­suk­kel tot­dat my ki­taar­spe­ler Ju­an Floors Oost­hui­zen ’n he­le Sa­ter­dag by my kom sit het en die lied sy u­nie­ke ki­taar­skoon­heid ge­gee het.”

S­try­dom het ook al baie ge­voel sy het die punt be­reik waar sy nou ge­sê het wat sy wil.

“As ek niks het om te sê nie, bly ek lie­wer stil. Hen­nie (Au­camp) het al­tyd ge­sê: ‘Jy moet jou wind­stil­tes ge­niet, Amanda’. Daar is ’n he­le paar fak­to­re wat my op die oom­blik daar­van weer­hou om ’n CD op te neem.” )

Foto: CONRAD BORNMAN

Die pi­a­nis Coen­raad Rall en Amanda S­try­dom tree Vry­dag in die At­ter­bu­ry­te­a­ter op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.