Ma­gie­se so­praan­stem­me ge­vier

Beeld - - Kuns -

Three Sop­ra­nos, ’n pro­gram van a­ri­as en lie­de­re wat men­se ge­reeld wil hoor en wat die won­der van drie mooi stem­me – dié van Il­ze Coet­zee, An­toi­net­te O­li­vier en Ma­ri­na Botha – vier, word van­aand, Vry­dag en Son­dag in die Brook­lyn­te­a­ter op­ge­voer.

O­li­vier het al rol­le soos Han­nah in Die vro­li­ke we­du­wee (Le­hár) ver­tolk, as­ook in ver­skeie Kers- en Paas­kon­ser­te en o­per­a­ga­las op­ge­tree. Sy kan ook gehoor word op drie CD’s en ’n DVD wat Sa­lon Mu­siek op­ge­neem het.

Coet­zee het rol­le ge­sing soos die ko­nin­gin van die nag in Die to­wer­fluit (Mo­zart), Gil- da in Ri­go­let­to (Ver­di), Lu­cia in Lu­cia di Lam­mer­moor (Do­ni­zet­ti), A­dé­le en Ro­sa­lin­de in Die F­le­der­maus (Jo­hann S­trauss) en Fran­zi in Wie­ner Blut (Jo­hann S­trauss).

Sy het ook on­langs op­ge­tree saam met die I­ta­li­aan­se te­noor Fi­lip­po A­da­mi.

Coet­zee tree in Au­gus­tus in die Johan Botha-ga­la­kon­sert saam met die Gau­teng P­hil­har­mo­nic Or­ches­tra op.

Ma­ri­na Botha het rol­le ge­sing soos Pa­mi­na in Die to­wer­fluit, A­dé­le in Die F­le­der­maus en Mi­ca­ë­la in Car­men (Bi­zet).

Al drie so­pra­ne was al so­lis­te in op­tre­des saam met die Gau­teng P­hil­har­mo­nic Or­ches­tra.

Willem Vo­gel is die mu­siek­re­gis­seur.

“Qu­an­do m’en vo” deur Puc­ci­ni, “Rooi dag” en “Heim­wee” deur S. le Roux Ma­rais, “Song to the Moon” deur D­vo­rak, “Der H­öl­le Ra­che” deur Mo­zart en “The Nun’s C­ho­rus” deur S­trauss is van die mu­siek wat in die pro­gram in­ge­sluit is.

) Op­tre­des is van­aand en Vry­dag om 20:00 en Son­dag om 15:00. Kaart­jies kos R80 tot R190.

Ska­kel 012 460 6033 of s­tuur e-pos na ad­min@brook­lynt­he­a­t­re.co.za om te be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.