Mil­ler se tyd as lei­er kort­ge­knip

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. Kap­tein­skap was dui­de­lik nie die doe­pa wat die bes­te uit Da­vid Mil­ler kon haal nie.

Dié op­win­den­de maar wis­sel­val­li­ge mid­del­or­de­kol­wer van die Pro­te­as is vroe­ër van­jaar as die ver­ras­sen­de kan­di­daat aan­ge­wys om die Kings XI Pun­jab in van­jaar se In­die­se P­re­mier­liga (IPL) aan te voer.

Maar, on­danks die hoop dat dié by­ko­men­de ver­ant­woor­de­lik­heid Mil­ler sou help om meer be­sten­dig goed te ver­toon, is hy die af­ge­lo­pe na­week as kap­tein ver­vang. Hy het ’n po­we­re 76 lo­pies in sy ses beur­te as lei­er aan­ge­te­ken.

Boe­ta Dip­pe­naar, ge­we­se Pro­tea-aan­vangs­kol­wer, is nie ver­ras nie.

“Da­vid is 26. Dit is ’n jong ou­der­dom vir die mees­te spe­lers om as kap­tein aan­ge­wys te word. Spe­lers wat in hul vroeë 20’s wel­slae as lei­ers be­haal, is eint­lik uit­son­de­rings,” sê hy.

“Tog glo ek Da­vid het ge­suk­kel om sy stem­pel as kap­tein af te druk om­dat hy nie al heel­te­mal ver­troud met sy eie spel is nie.

“Sy ver­to­nings vir Suid-A­fri­ka is steeds baie wis­sel­val­lig, wat daar­op dui hy is nog nie op sy ge­mak nie. Jy kan nie iets soos

Hoe vin­ni­ger Da­vid be­sluit wat­ter soort spe­ler hy is, hoe gou­er sal hy meer be­sten­dig raak — BOE­TA DIP­PE­NAAR

kap­tein­skap in só ’n ge­val doel­tref­fend aan­pak nie.”

Mil­ler bly een van Suid-A­fri­ka se mees ta­lent­vol­le en aan­val­lend­ste kol­wers.

Sy on­oor­won­ne 53 teen Aus­tra­lië in Dur­ban – kort voor die T20-Wê­reld­toer­nooi – ge­tuig van sy ver­moë om on­der druk te ver­toon.

On­ge­luk­kig, soos ver­skeie kri­ti­ci uit­wys, vind sul­ke hel­de­da­de te on­ge­reeld plaas.

“Dit is sy groot­ste swak­punt. Hy maak ’n mens op­ge­won­de met sy spel, maar die lo­pies word drups­ge­wys aan­ge­te­ken,” sê Dip­pe­naar.

“El­ke spe­ler gaan deur moei­li­ke tye.”

Die pro­bleem met Mil­ler is hy be­leef tot dus­ver in sy loop­baan voort­du­rend taai tye, wat op ’n die­per pro­bleem dui.

Is dit moont­lik om­dat dié hot­klou­kol­wer nie ge­noeg meer­dag­krie­ket speel nie?

Word hy be­na­deel om­dat daar nie be­sluit kan word of hy as ’n veel­sy­di­ge spe­ler of spe­si­a­lis­kol­wer be­skou moet word nie?

“Ek ver­moed hoe vin­ni­ger Da­vid be­sluit wat­ter soort spe­ler hy is, hoe gou­er sal hy meer be­sten­dig raak,” sê Dip­pe­naar.

“Hy het die ver­moë om ’n ge- dug­te kol­wer in al­le weer­ga­wes van die spel te wees. Maar as hy op een­dag­krie­ket wil kon­sen­treer, moet hy dit dui­de­lik vir hom­self en sy span­ne stel.

“Ek moet wel noem hy sal ho­ër ge­ag word as hy meer­dag­krie­ket ook speel, maar op die ou end is dit sy keu­se.”

Foto: GETTY IMAGES

Da­vid Mil­ler in ak­sie vir Suid­A­fri­ka teen En­ge­land in die T20Wê­reld­toer­nooi vroe­ër van­jaar in In­dië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.