Plum­tree nie uit op wraak in Dur­ban­te­rug­keer

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – John Plum­tree se te­rug­keer na Dur­ban is vir dié Ki­wi ’n e­mo­si­o­ne­le er­va­ring.

Se­dert hy drie jaar ge­le­de as af­rig­ter van die Haaie die deur ge­wys is, is dit die eer­ste keer dat hy nou weer by Kings­park kom.

Plum­tree is die hulp­af­rig­ter van die Hur­ri­ca­nes. Vir die hoof­af­rig­ter, Chris Boyd, is dit ook ’n tuis­koms, want hy was in die era wat Plum­tree die sep­ter ge­swaai het by die Haaie, een van sy reg­ter­han­de.

“Ek pro­beer so­ver moont­lik die e­mo­sie uit din­ge hou,” het Plum­tree ge­sê.

“Vir my moet dit net nóg ’n wed­stryd teen ’n sterk teen­stan­der wees, eer­der as een tus­sen my hui­di­ge span en ’n eer­tyd­se span van my.”

Die wy­se waar­op daar van Plum­tree ont­slae ge­raak is net na­dat John S­mit as die nuwe uit­voe­ren­de hoof oor­ge­neem het, het ’n suur smaak in die mond ge­laat.

Uit­ein­de­lik moes Plum­tree uit­be­taal word na­dat hy reeds ’n mon­de­lin­ge ver­se­ke­ring van S­mit se voor­gan­ger, B­ri­an van Zyl, en die uit­voe­ren­de raad ge­had het dat sy kon­trak ver­leng sou word.

Hy er­ken dit nie o­pen­lik nie, maar dit kan aan­vaar word dat niks Plum­tree en Boyd so­veel ple­sier sal ver­skaf as om die Haaie Sa­ter­dag in die Haai­tenk af te slag nie.

Hoe­wel hy ont­ken dat wraak e­nig­sins ter spra­ke is, moet daar tog iets bin­ne in hom daar­na smag om die Haaie goed op hul plek te sit.

“Dit is lek­ker om weer in Dur­ban te wees en tyd saam met ou vrien­de deur te bring,” het Plum­tree ge­sê.

Hy het ge­sê die Haaie maak van­jaar in­druk op hom in die Su­per-reeks en dat van die jong spe­lers wat sterk deur­kom, soos die Du P­reez-twee­ling, Je­an-Luc en Da­niel, en die los­ska­kel, Garth A­pril, groot be­lof­te in­hou.

“Wil­lie le Roux speel ook ’n groot rol in hul sukses en is ie- mand wat al­tyd dop­ge­hou moet word op die aan­val,” het Plum­tree ge­sê.

“In­dien hul­le hier­die klom­pie jong spe­lers by­me­kaar hou kan hul­le in ’n top-span ont­wik­kel,” glo hy.

Wat is die kans dat hy ná die wed­stryd ’n bier saam met sy e­we­knie van die Haaie, Ro­bert du P­reez, sal drink?

“Dit kan ge­beur, maar op een voor­waar­de: as hy betaal,” het Plum­tree ge­skerts.

Ek pro­beer so­ver moont­lik die e­mo­sie uit din­ge hou. — JOHN PLUM­TREE

John Plum­tree

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.