Ke­vin buig knie voor Mon­fils in te­rug­keer

Beeld - - Sport - ATP – S­port­re­dak­sie,

Ma­drid. – Ke­vin An­der­son, Suid-A­fri­ka se voor­ste ten­nis­spe­ler, se te­rug­keer tot die spel was gis­ter van kor­te duur.

Hy het hom teen die Frans­man Ga­el Mon­fils (13de ge­keur) in die eer­ste ron­de van die Ma­drid Ope vas­ge­loop.

Mon­fils, wat ver­le­de maand die eind­stryd van die Mon­te Car­lo Ope ge­haal het, het met 6-4, 6-2 ge­wen.

Dit was die 29-ja­ri­ge An­der­son se eer­ste me­de­din­gen­de wed­stryd se­dert Fe­bru­a­rie, toe hy ’n skou­er­be­se­ring in die Del­ray Be­ach Ope in Flo­ri­da op­ge­doen het.

Be­ne­wens die skou­er­be­se­ring, het hy vroe­ër ook las van ’n knie­be­se­ring ge­had en moes hy ’n en­ke­lo­pe­ra­sie on­der­gaan.

Gis­ter se wed­stryd was net sy vyf­de van­jaar.

Mon­fils het nou sy on­oor­won­ne re­kord in be­roep­sten­nis teen An­der­son tot vier wed­stry­de ver­leng. An­der­son, tans 19de in die wê­reld, kon die Frans­man nog nooit troef nie.

Die twee spe­lers se vo­ri­ge krag­me­tings was in 2014 in die Mon­te Car­lo Ope, 2012 in Bang­kok en 2011 in S­tock­holm.

Mon­fils, wat 15de op die wê­reld­rang­lys is, het in ’n uur en agt mi­nu­te ge­wen.

Hy het net vyf pun­te op sy eer­ste af­slaan ver­loor en daar was geen breek­pun­te teen hom in die wed­stryd nie.

Hy het drie van ses ge­leent­he­de om op An­der­son se af­slaan deur te breek, be­nut.

Mon­fils sal nou sy vi­sier op sy ses­de kwart­eind­ron­de in se­we toer­nooie rig.

) Die wê­reld se voor­ste spe­ler, No­vak D­jo­ko­vic van Ser­wië, sal ná ’n kort rus­kans sy te­rug­keer tot die baan in die twee­de ron­de van die Ma­drid-toer­nooi maak.

Hy het ’n los­loot­jie ge­had in die eer­ste ron­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.