Dié agt­tal groei nog – Fran­co

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Bloem­fon­tein. – Die C­hee­tahs se voor­spe­lers het me­kaar van­dees­week be­hoor­lik laat kreun, in ’n po­ging om hul skrums weer een van hul sterk­pun­te te maak.

Dit was hul skrum­werk wat hul­le op hul Aus­tra­la­sie­se toer die mees­te in die steek ge­laat het – en hul­le weet dit.

Vol­gens Fran­co Smith, die C­hee­tahs se af­rig­ter, weet die spe­lers hul­le sal die na­week in hul Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Wa­ra­tahs in Syd­ney, weer moet skrum soos in daar­die eer­ste klomp wed­stry­de van die reeks.

“As ons voor die sei­soen ’n groot agt­tal ge­had het kon ek ver­staan dat al­mal mor om­dat ons die laas­te tyd nie te goed skrum nie, maar ons het nie. Dié agt­tal is nog een in wor­ding,” het Smith ge­sê van sy span se skrum­ver­to­nings teen die Re­bels en die Reds.

Hy het ge­sê hul­le het nie die luuks­heid van ’n skrum­ma­sjien op toer ge­had nie en daar was nie juis teen­stan­ders om teen te skrum ty­dens oe­fe­ning nie.

Smith het die ver­se­ke­ring ge­gee dat hul­le die na­week baie be­ter sal speel as in hul laas­te wed­stryd.

“On­danks die twee ne­der­lae op toer, is die ge­moed in die groep goed. Die spe­lers se ge­sind­heid is reg en jy kan sien hul­le is veg­ters, tot die laas­te mi­nuut van el­ke wed­stryd.

“Ons het voor die be­gin van die sei­soen ge­weet dit gaan moei­lik wees, maar die C­hee­tahs het nooit net tou op­ge­gooi in die wed­stry­de wat ons ver­loor het nie.”

Smith het ge­sê die C­hee­tahs sal van­self­spre­kend weer ’n groot oor­win­ning soos dié teen die Sun­wol­ves wil be­haal.

Maar om dít te laat ge­beur, sal hul­le moet werk aan hul dryf­ma­le en hul lyn­staan­werk.

Dit is so dat die C­hee­tahs die

On­danks die twee ne­der­lae op toer, is die ge­moed in die groep goed. — FRAN­CO SMITH

laas­te twee we­ke nie te waf­fers ver­toon het nie, maar dit was juis in die bo­ge­noem­de as­pek­te van hul spel waar hul­le vroe­ër die sei­soen nog die bo­toon ge­voer het.

Die C­hee­tahs se kap­tein, die sen­ter Fran­cois Ven­ter, sal na ver­wag­ting van­dag weer in die be­gin­span in­ge­sluit word, na­dat hy ver­le­de week se wed­stryd teen die Reds weens ’n kuit­be­se­rings mis­ge­loop het.

) Nic Ber­ry van Aus­tra­lië is Sa­ter­dag in Syd­ney die s­keids­reg­ter in die C­hee­tahs se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Wa­ra­tahs.

Foto: GALLO IMAGES

Die C­hee­tahs se kap­tein, Fran­cois Ven­ter, be­hoort van­dag in die be­gin­span in­ge­sluit te word na­dat hy ver­le­de week se wed­stryd weens ’n kuit­be­se­ring mis­ge­loop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.