Lig­blou­es en Bo­land is nou rug­by­ven­no­te

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie Rug­by­u­nie se be­sluit om die Suid­wes­te­li­ke Dis­trik­te (SWD) ’n ven­noot van die S­tor­mers te maak, het die weg ge­baan vir ’n on­ver­wag­se al­li­an­sie tus­sen die Blou Bul­le en die Bo­land.

Alan Zon­dagh, di­rek­teur van rug­by by die Bo­land, het gis­ter­aand be­ves­tig dat die pad vo­ren­toe saam met die Blou Bul­le ge­stap sal word.

Die fy­ner be­son­der­he­de van dié oor­een­koms is nog on­dui­de­lik, maar in prak­tie­se ter­me kan die Bul­le as’t wa­re die trans­for­ma­sie-bul by die ho­rings pak deur hul han­de op ta­lent­vol­le bruin spe­lers uit die Wes-Kaap te kry.

Ba­rend van Graan, uit­voe­ren­de hoof van die Blou Bul­le Maat­skap­py, wou nie kom­men­taar le­wer nie.

Dié skui­we volg op ’n fi­nan­si­ë­le geel­wor­tel wat met die toe­ken­ning van fran­chi­se-span­ne vir die Su­per­reeks uit­ge­hang is aan groot u­nies om ven­noot­skap­pe met klei­ner u­nies aan te gaan.

Ter­wyl die SWD en die Bo­land des­tyds al­bei streek­ven­no­te by die S­tor­mers was, het die SWD met­ter­tyd be­sluit om sy ge­wig by die Sout­hern Kings in te gooi. Hy het geen voor­deel daar­uit ge­put nie en is nou terug by die S­tor­mers.

Op sy beurt het die Bo­land jaar­liks ’n be­drag geld van die WP ont­vang en voor­sei­soen­se wed­stryd teen die S­tor­mers ge­speel.

’n In­te­res­san­te di­na­mi­ka het tus­sen die pro­vin­sies ont­staan na­dat die sa­ke­kon­glo­me­raat Rem­gro on­langs be­gin het om die Bo­land Rug­by­in­sti­tuut te fi­nan­sier. Rem­gro is ’n aan­deel­hou­er in so­wel die WP as die Blou Bul­le.

In ’n ver­kla­ring die af­ge­lo­pe week, waar die WP sy ven­noot­skap met die SWD aan­ge­kon­dig het, word mel­ding ge­maak van die uit­ruil van af­rig­ters en spe­lers, en die smee van ban­de tus­sen dié pro­vin­sies se sko­le en klubs.

Die Blou Bul­le het ’n sterk teen­woor­dig­heid in die SWD en skep die room van sko­le-ta­lent.

Hen­nie Baart­man, pre­si­dent van die SWD, het ge­sê ’n ven­noot­skap met die WP sal ho­pe­lik daar­op neer­kom dat ta­lent­vol­le jong spe­lers in die Wes-Kaap bly.

“Ons wil ook graag van ons bes­te ju­ni­or spe­lers by die WP se Rug­by­in­sti­tuut in­ge­skryf kry so­dat hul­le kan te­rug­keer om vir ons te speel. Hul­le sal dán vir die S­tor­mers be­skik­baar wees,” het Baart­man ge­sê.

Die SWD hoop óók die WP kan vir hom spe­lers leen in die Cur­rie­be­ker­reeks en wil toe­gang kry tot die in­tel­lek­tu­e­le ka­pi­taal van af­rig­ters. Wat kan die SWD aan die WP bied? “Die WP be­skou dit as ’n ge­leent­heid om die S­tor­mers as han­dels­merk in die Wes-Kaap uit te bou eer­der as dat al­les in Wel­ling­ton en S­tel­len­bosch op­hou,” het Baart­man ge­sê.

Dis mos meer hoe ons Jan ken. . . Jan Ser­fon­tein was ver­le­de Vry­dag die spil­punt van die Bul­le se aan­val­len­de spel teen die For­ce. Links: Die Bul­voor­ry van Mar­cel van der Merwe, A­dri­aan S­trauss en T­re­vor Ny­a­ka­ne was uit­mun­tend. Regs: Ook RG Sny­man het uit­ge­blink.

Foto: GALLO IMAGES

A­dri­aan Ca­rel­se van die Bo­land on­langs teen G­rie­kwas in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.