Be­sit nie al­fa en o­me­ga

Bul­le wys wen­span hoef nie te oor­heers

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Die Bul­le het ’n be­lang­ri­ke les in hul in­druk­wek­ken­de se­ge oor die For­ce ge­leer: Aan­val­len­de rug­by word nie al­tyd op die voor­voet ge­speel nie.

Daar word in­der­daad aan­ge­neem dat span­ne wat met on­der­ne­mings­gees ’n wed­stryd aan­pak, voort­du­rend in be­heer van sa­ke is.

Be­sit word be­hou, daar word ge­boer in jou teen­stan­der se half­ge­bied en die tel­bord word aan die gang ge­hou. Dit is ’n mi­te. Van die in­druk­wek­kend­ste oor­win­nings in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks is be­haal deur span­ne wat bloot hul kan­se op die teen­aan­val ge­gryp het.

Vra die Cru­sa­ders, Brum­bies en Hur­ri­ca­nes.

Ver­le­de Vry­dag in Perth het die Bul­le met s­legs 44% se be­sit en ge­bieds­voor­deel vyf drieë ge­druk.

Die 332 m wat met die bal in die hand ge­hard­loop is, word ook as ’n be­trek­lik lae sy­fer be­skou vir ’n span wat 42 pun­te aan­ge­te­ken het.

Wat was dan die sleu­tel tot die Bul­le se oor­win­ning? Een­vou­dig: af­ge­ron­de vaar­dig­he­de.

Die P­re­to­ri­a­ners het 18 keer ’n ver­de­di­ger ge­klop en 11 keer deur ’n ga­ping ge­glip son­der dat daar ’n hand op hul­le ge­lê is.

Boon­op is ’n aan­gee 12 keer uit ’n duik­slag vol­tooi en is vier van die vyf drieë deur doel­tref­fen­de on­der­steu­nen­de spel moont­lik ge­maak.

Al dié sy­fers skets ’n prent­jie van ’n span wat be­perk­te kan­se ten vol­le be­nut het.

Nol­lis Ma­rais, die af­rig­ter, sal ook be­moe­dig wees deur die feit dat ver­skeie staat­ma­kers lyk as­of hul­le uit­ein­de­lik ge­woond be­gin raak aan die kul­tuur­ver­skui­wing wat hy se­dert ver­le­de jaar pro­beer be­werk­stel­lig.

Daar is vroe­ër dié sei­soen, by­voor­beeld, ge­won­der of die S­pring­bok­sen­ter Jan Ser­fon­tein kon aan­pas.

Die af­ge­lo­pe paar jaar moes hy meer van ’n stamp­kar as ’n spel­skep­per wees en dit het hom ’n ruk ge­neem om te be­sef Ma­rais moe­dig ’n spe­ler aan om spa­sie te soek.

In Perth was Ser­fon­tein die spil van die Bul­le se aan­val­len­de ver­to­ning.

Hy het twee drieë ge­druk, drie keer ’n ga­ping ge­vind en steeds ’n by­drae as ver­de­di­ger ge­le­wer.

’n An­der be­lang­ri­ke fak­tor moet ook in ag ge­neem word.

Aan­val­len­de span­ne is ge­dis­si­pli­neerd en die Bul­le was ook uit­ste­kend in dié ver­band.

S­legs ne­ge van hul 126 duik­slae is ver­brou, ter­wyl hul­le ook net agt straf­skop­pe af­ge­staan het.

Toe­ge­gee, die For­ce is een van die swak­ker span­ne in van­jaar se reeks, maar die Bul­le kan be­slis dié ver­to­ning as ’n grond­slag vir gro­ter din­ge ge­bruik. Foto’s: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.