Mes Faf se voor­land; SA val ver op rang­lys

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Die Pro­tea-krie­ket­kol­wer Faf du Plessis sou gis­ter­aand in Kaap­stad ’n vin­ger­o­pe­ra­sie on­der­gaan, maar be­hoort slag­ge­reed te wees vir aan­staan­de maand se drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks in die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de.

Die na­si­o­na­le T20-kap­tein het die ring­vin­ger aan sy lin­ker­hand in A­pril ty­dens die In­die­se P­re­mier­liga ge­breek, en daar was on­se­ker­heid oor sy deel­na­me aan Suid-A­fri­ka se vol­gen­de uit­da­ging, teen Aus­tra­lië en die Wes-In­die­se Ei­lan­de.

Maar vol­gens Du Plessis be­hoort hy net een of twee wed- stry­de aan die be­gin van die reeks te mis.

“(Die vin­ger is ge­breek) toe ek ’n bal wou vang,” het hy gis­ter ge­sê. “Dit is ge­luk­kig nie so ’n groot be­se­ring nie en ek sal reg wees vir die toer (ná die o­pe­ra­sie),” het Du Plessis ge­sê. ) In­tus­sen be­vind die SuidA­fri­kaan­se toets­span hom nou in die ses­de plek op die wê­reld­rang­lys – en dít na­dat hy vyf maan­de ge­le­de nog die pas aan­ge­gee het.

Aus­tra­lië is in die eer­ste plek met 118 pun­te. In­dië het 112 en Pa­ki­stan 111.

Suid-A­fri­ka was der­de, maar om­dat sy toet­soor­win­nings in die 2012-’13-sei­soen oor En­ge­land, Aus­tra­lië, Nieu-See­land en Pa­ki­stan ver­val het in die be­re­ke­nings­pro­ses, is die Pro­te­as 17 pun­te kwyt.

Met 92 pun­te is die Pro­te­as nou 26 pun­te ag­ter die Aus­sies.

En­ge­land (105) en Nieu-See­land (98) is die an­der span­ne bo Suid-A­fri­ka op die rang­lys.

Vir Pa­ki­stan is die ver­stry­king van ou uit­slae ’n se­ë­ning.

Sy 2013-reeks­ne­der­laag teen die Suid-A­fri­kaan­se span tel nie meer vir rang­lys­pun­te nie, en sy skoon­skip-reeks­ne­der­laag teen Sri Lan­ka in die 2014-’15sei­soen se im­pak is tot 50% ver­min­der.

Die jaar­lik­se op­da­te­ring het ook ’n in­vloed op die Win­dies ge­had.

Die Ka­ri­bie­se span is steeds agt­ste, maar het 11 rang­lys­pun­te min­der om­dat sy se­ges oor Nieu-See­land, Bangla­desj en Zim­bab­we in 2012-’13 nie meer tel nie.

Die ga­ping tus­sen die Win­dies en die ne­gen­de ge­keur­de, Bangla­desj, is van 29 pun­te tot net agt ge­snoei.

Faf du Plessis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.