Cas­ter­hul­le gaan bult spie­re in Ka­tar

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

P­re­to­ria. – Die voor­sei­soen vir Suid-A­fri­ka se voor­ste at­le­te is ver­by – nou be­gin die wa­re Ja­kob.

Met die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro, Brasilië, nou net drie maan­de weg, sal ses Suid-A­fri­kaan­se at­le­te Vry­dag­aand in Doha op die eer­ste Di­a­mant­li­ga-at­le­tiek­by­een­koms van die jaar met straw­we in­ter­na­si­o­na­le teen­stand te doen kry.

Dié ses is Cas­ter Se­me­nya (800 m), Su­net­te Vil­joen (spies­gooi), Wen­da Nel (400-hek­kies), Vic­tor Ho­gan (dis­kus­gooi), Du­mi­sa­ne Hla­se­lo (1500) en An­to- nio Al­ka­na (110-hek­kies).

Se­me­nya, ’n voor­ma­li­ge O­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner en wê­reld­kam­pi­oen, het van­jaar met ’n reeks puik ver­to­nings ge­wys sy kan weer haar merk op in­ter­na­si­o­na­le vlak maak. Die tyd van 1:58.45 waar­mee sy die goue me­dal­je op die SA kam­pi­oen­skap in S­tel­len­bosch ge­wen het, is die vin­nig­ste in die wê­reld.

Op sy beurt spog Ho­gan in die dis­kus­gooi met die naas­bes­te af­stand tot dus­ver van­jaar in die wê­reld (67.62), en Nel (54.84) in die 400-hek­kies met die naas­bes­te tyd.

Die 13.37 waar­mee Al­ka­na die SA ti­tel in S­tel­len­bosch ge- buit het, is van­jaar deur nog net ses at­le­te oor­tref.

Nel sal Vry­dag­aand op haar bes­te moet wees, want ses van die agt vroue in die wed­loop het al vin­ni­ger oor die tien hek­kies ge­seil as sy.

Nel, ’n ses­ma­li­ge SA kam­pi­oen, sê sy en die oud-S­pring­bo­k­at­leet Ir­ma Rey­ne­ke, wat haar af­rig, het ná die SA kam­pi­oen­skap tot die ge­volg­trek­king ge­kom dat sy dié aand te kon­ser­wa­tief oor die eer­ste 200 me­ter be­gin het.

“Oor die laas­te twee hek­kies het my be­ne nog sterk ge­voel. Ek moet nou net ’n ba­lans vind,” het Nel lui­dens ’n ver­kla­ring van Tuks-hpc ge­sê.

Nel het ver­le­de jaar in se­we van haar 14 wed­lo­pe tye van vin­ni­ger as 55 se­kon­des ge­hard­loop. Haar bes­te tyd is 54.37.

Vil­joen, brons­me­dal­je­wen­ner op ver­le­de jaar se Wê­reld­kam­pi­oen­skap, se af­rig­ter, Ter­seus Lie­ben­berg, sê om­dat dit Vil­joen se eer­ste in­ter­na­si­o­na­le by­een­koms van­jaar is, is daar geen druk op haar nie. “Ons vat din­ge koel­kop en Su­net­te gaan die by­een­koms met ’n oop ge­moed bin­ne. Ons het die laas­te ruk hard ge­werk en sy bou nog op na haar bes­te peil,” het Lie­ben­berg ge­sê. ) Die by­een­koms word Vry­dag van­af 17:45 reg­streeks op SS5 uit­ge­saai.

Foto: JA­CO MA­RAIS

Die 400 m­hek­kies­at­leet Wen­da Nel neem Vry­dag­aand in Doha, Ka­tar, aan die eer­ste Di­a­mant­li­ga­at­le­tiek­by­een­koms van die jaar deel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.